Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl

Optredes vir Maart en April

Optredes – Die optredes is besig om al dikker te kom.

  • Ons het een vaste optrede elke Woensdagaand by die Liedjieboer in Midrand. Ons noem dit die Swart Boek optrede omdat ons ‚n swart boek hou. Enigeen kan hul versoeke in die swart boek inskryf. As oks kan sing ons die liedjie daar en dan, as ons nie kan nie (en dit iets is wat met ’n tweestuk groep gedoen kan word),  leer ons dit en bring dit weer terug op ’n latere stadium in een van ons Swart boek gigs. Die musikante betrokke in die Swart Boek is David van Zyl op percussions en vocals, en ek op kitaar en vocals. Toegang is gratis (R 0.00). Daar is ’n restourant en kroeg by Liedjieboer

  • Ons nuwe vaste optrede sal vanaf die 31e Maart elke Dinsdagaand by Jukebox in Boksburg plaasvind. Die optrede is met die vol band (Gideon op kitaar en vox, David van Zyl op Dromme, Jacques Sutton op keys en vox, Andrew Friend op Baskitaar. Lead kitaar is nog nie gefinaliseer nie. Dinsdagaande sal gewoonlik ook met ‚n gaskunstenaar wees. Met ’n gaskunstenaar is die deurgeld R 60.00 en sonder ’n gaskunstenaar is die deurgeld R 30.00. Hou die webblad dop vir die gaskunstenaars. Daar is ’n kroeg beskikbaar by Jukebox.

  • Die laaste Vrydagaand van elke maand is die Unplugged Paartie by die Liedjieboer. Ek tree op saam met David op Percussions en Gerrie Lubbe op klassieke/lead kitaar. Daar is gewoonlik vyf of ses kunstenaars by die  optredes en die deurgeld is maar R 50-00. Musikante wat in die verlede by dei Unpluged Paartie opgetree het is van die kaliber van MD Greyling, Hugo, Beeskraal, Wouter van de Venter, Hansie Slim.

 

 

Optredes vir Maart

11 – Liedjieboer – Swart Boek

18 - Liedjieboer – Swart Boek

25 - Liedjieboer – Swart Boek

27 – Liedjieboer – Unplugged Paartie

31 – Jukebox (Boksburg) – Gideon en Vriende

 

Optredes vir April

 

1 - Liedjieboer – Swart Boek

7  - Jukebox – Gideon en Vriende

8 - Liedjieboer – Swart Boek

14  - Jukebox – Gideon en Vriende

15 - Liedjieboer – Swart Boek

21 - Jukebox – Gideon en Vriende

22 - Liedjieboer – Swart Boek

25 – Liedjieboer – Unplugged Paartie

28 - Jukebox – Gideon en Vriende

29  - Liedjieboer – Swart Boek

 

Kontak my gerus by die webblad vir besprekings of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Vonk Toekennings foto's

(1 vote)

Ek het 'n paar foto's vir julle in die gallery ingelaai. Julle kan gaan kyk daarna by

http://gideonvanzyl.co.za/website/index.php/multimedia/fotografie/category/5-vonk-awards-2009.html

 

As julle al die foto's wil sien gaan kyk gerus by my Facebook  

http://www.facebook.com/album.php?aid=153838&id=558729664&l=c14f1c755d

 

 

 

Om 'n oorlog te wen sal die "maklike" deel wees. Wat dan?

(5 votes)

KKNK was cool. Regtig cool. Die twee weke wat ek besig was met KKNK, was fenominaal, maar was ook ‘n tyd van impak en gebeure wat die verloop van die geskiedenis kan bepaal.

 

Ek wil graag oor KKNK vertel, maar sal maar in die lig van my vorige paar blogs miskien myself hou by politiek, en miskien iets van my seining oor die politiek. Dit blyk dat my vorige blog plasing wel impak gehad het en wel interessant was vir verskeie mense.

Julius Malema het voortgegaan en sy mond aanhou oopmaak oor die reg van swart mense wat klaarblyklik belangriker is as die res van die bevolking. Demokrasie is klaarblyklik belangriker as menseregte, en die grondwet is klaarblyklik minder belangrik as die idees van ‘n comrade wat ‘n kans sien om populistiese snert kwyt te raak ten koste van die land. Toe word Eugene Terreblanche vermoor en die vonk is teen ‘n tempo op pad na die kruitvat. Miskien was dit onvermydelik, maar die moord op ET maak so veel gevoelens en emosies los.  Aan die een kant ontken Malema alle aandadigheid, ten spyte van waarskuwings dat die vryheidsliede tot haat lei. “Toevallig” kort na die laaste reeks uitsprake en kontroversie om die Kill the Boer liedjie gaan twee jongmense en vermoor die Boer. Die boer wat die boegbeeld van die regse Afrikaner was word enkele ure later vermoor en alema onthen alle skuld. Dit herinner my aan kinders wat geen verantwoordelikheid wil vat vir iets wat hulle fout gedoen het nie, al is al die getuienis daar vir almal om te sien. Aan die ander kant is daar die reaksie vanuit Afrikaner geledere. Groot hoeveelhede Afrikaners voel bedreig en die situasie en verdure uitsprake vanuit die ANC kamp doen niks om die onrus te beperk nie. Die ANC sal alles binne hul mag moet doen om te rekonsilieer, en ek is werklik bekommerd dat hierdie afskuwelike moord die laaste hoop van rekonsiliasie vernietig het.

Read more: Om 'n oorlog te wen sal die "maklike" deel wees. Wat dan?

   

Comments nou net vir geregistreerde lede

Mense, ek moes die comments verander omdat daar idiote is wat daarop aandring om die comments te gebruik om mee te spam. Vanaf vandag sal comments net gelewer kan word deur gerergistreerde lewe van die webblad.

 

Groete

 

-Gideon-

 

'n Verhaal van twee vertonings

(2 votes)

Ek het die afgelope paar weke die voorreg gehad om twee verskillende vertonings te kyk en te fotografeer. Ek het David’s Confession en Afri Frans gesien by Emperor’s se Marcellus Teater. Dit was eerste was rock opera op sy mees intense en die tweede was mooi, strelend met twee uitsonderlike sangeresse wat die spel tussen Afrikaans en Frans weergegee het.

 

Read more: 'n Verhaal van twee vertonings

   

Page 1 of 31

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 33 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za