Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Om 'n oorlog te wen sal die "maklike" deel wees. Wat dan?

K KNK was cool. Regtig cool. Die twee weke wat ek besig was met KKNK, was fenominaal, maar was ook ‘n tyd van impak en gebeure wat die verloop van die geskiedenis kan bepaal.   Ek wil graag oor KKNK vertel, maar sal maar in die lig van my vorige paar blogs miskien myself hou by politiek, en miskien iets van my seining oor die politiek. Dit blyk dat my vorige blog plasing wel impak gehad het en wel interessant was vir verskeie mense. Julius Malema het voortgegaan en sy mond aanhou oopmaak oor die reg van swart mense wat klaarblyklik belangriker is as die res van die bevolking. Demokrasie is klaarblyklik belangriker as menseregte, en die grondwet is klaarblyklik minder belangrik as die idees van ‘n comrade wat ‘n kans sien om populistiese snert kwyt te raak ten koste van die land. Toe word Eugene Terreblanche vermoor en die vonk is teen ‘n tempo op pad na die kruitvat. Miskien was dit onvermydelik, maar die moord op ET maak so veel gevoelens en emosies los.  Aan die een kant ontken Malema alle aandadigheid, ten spyte van waarskuwings dat die vryheidsliede tot haat lei. “Toevallig” kort na die laaste reeks uitsprake en kontroversie om die Kill the Boer liedjie gaan twee jongmense en vermoor die Boer. Die boer wat die boegbeeld van die regse Afrikaner was word enkele ure later vermoor en alema onthen alle skuld. Dit herinner my aan kinders wat geen verantwoordelikheid wil vat vir iets wat hulle fout gedoen het nie, al is al die getuienis daar vir almal om te sien. Aan die ander kant is daar die reaksie vanuit Afrikaner geledere. Groot hoeveelhede Afrikaners voel bedreig en die situasie en verdure uitsprake vanuit die ANC kamp doen niks om die onrus te beperk nie. Die ANC sal alles binne hul mag moet doen om te rekonsilieer, en ek is werklik bekommerd dat hierdie afskuwelike moord die laaste hoop van rekonsiliasie vernietig het.

 

Dit gese is dit ‘n uiters gevaarlike houding om die gevaar wat Malema inhou vir die demokrasie en die grondwet  te onderskat. Die ANC het wel die regte geluide gemaak dat hulle hom in die bek sal ruk, maar hoe effektief dit gaan wees is ‘n oop vraag. Daar is wel tekens dat Malema se bullebak houding binne die ANC ook nie op prys gestel word nie. Gaan lees gerus die berig by http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Jeugligalede-skel-Malema-tot-swye-20100411

Kom ek vra die kil en ongemaklike vraag. Is daar moontlikheid op ‘n burgeroorlog?

Ek dink dit is moontlik. Daar is geen wenners in ‘n burgeroorlog nie, maar daar is baie feite waarvoor die ANC nie moet blind wees nie. Indien daar wel ‘n burgeroorlog uitbreek, is daar geen manier wat die ANC dit maklik gaan he nie, en ek dink nie dat ‘n burgeroorlog tussen swart en wit sal wees nie, maar baie dieper as dit. DIt sal ‘n burgeroorlog van ideologie wees.

Let wel – ek verduidelik hierdie graag in diepte omdat ‘n burgeroorlog futiel sal wees. Die wortel van mag deur oorwinning sal egter altyd ‘n moontlikheid bly in die agterkop van ekstremiste, maar mens moet verder kyk as dit. ‘n Taktiese oorwinning sal geen oorwinning wees nie. Gaan kyk maar na die geskiedenis. Ons het aldie veldslae gewen, maar die oorlog verloor. Om betekenisvol te wees, sal die opponerende magte daarop gefokus moet wees om die oorlog takties en strategies te wen. Dit kan ironies genoeg slegs gebeur deur die beloftes wat die ANC gemaak het aan die meerderheid mense van die land waar te maak.

Die twee kante – hoe die opponerende magte daar kan uitsien

Die Blou magte

Aan die een kant dal daar ‘n groep mense wees (wit en swart) wat  eens die kern uitgemaak het van een van die besopgeleide weermagte in die wereld. Tot 1994 was elke blanke Suid-Afrikaner ouer as 18 dienspligtig en was opgelei om konvensionele en onkonvensionele oorlog te voer. Daar is honderdeduisende Suid-Afrikaners wat opgelei en in staat is om oorlog te voer – beide konvensioneel en onkonvensioneel en wat angswekkend genoeg – bereid sal wees om dit te doen indien dit nodig word. Daarmee saam is daar die opgeleide soldate van die battaljonne en van Koevoet wat geen huis gekry het in di enuwe Suid-Afrika nie. Die pogings om hierdie mense te ontwapen was tot dusver redelik oneffektief en die vrae bly wat geword het van die honderde duisende gewere en ander wapens wat vermis is uit die weermag se bergingsplekke oor die afgelope 20 jaar. Dit sal min moeite vat om so ‘n mag se opleiding op te skerp en te bewapen.

Die Rooi magte

Teenoor hierdie mag van goedopgeleide soldate, is daar ‘n mag van eks Umkhonto en ander “irregulars” wat opleiding gekry het in onkonvensionele oorlogvoering met geen of min opleiding in konvensionele strategie. Die weermag wat die kern van so ‘n mag sal wees het swak dissipline, swak opleiding en ‘n groot hoeveelheid aids-lyers, en verteenwoordig slegs ‘n kleinerige persentasie van die opgeleide en ervare soldate aan die “blou” kant.  Ten spyte van die groot groep hulpbronne wat ‘n “rooi” mag tot hul beskikking sal he as lede van die weermag van die heersende party, sal die uiteindelike aspek wat die verskil sal maak wees opgeleide en gemotiveerde personeel.

 

Die verloop van ‘n burgeroorlog

‘n Burgeroorlog soos die kan takties gewen word deur die Blou magte, as gevolg van ‘n paar aspekte:

Die ANC het sedert bewindsoorname tot ‘n groot mate sentralisasie en konsolidasie voorgestaan van die magte, met die toerusting gekonsentreer in ‘n paar areas in die land. Om die groter kapasiteit van die regerende party se militer mag te neutraliseer, hoef net ‘n paar plekke ingeneem of geneutraliseer te word om die toerusting uit die hande te hou van die vegtende magte. Daar is effektief een lugmagbasis wat as gevegsplatform kan optree op hierdie stadium, en deur taktiese ekskursies by die regte plekke uit te voer kan die hele blou mag voldoende bewapen wees binne enkele ure om die strategiese oorhand te kry.

‘n Oorlog wat moeilik gewen kan word

‘n Oorlog tussen wit en swart kan egter nooit gewen word deur die blou magte nie, omdat die stryd net begin by die taktiese oorwinning. Om ‘n strategiese oorwinning te bereik, sal die omverwerping van die bestaande regeringstrukture en die inkoop van die hele bevolking noodsaaklik wees. Enigiets anders sal lei to volkemoord en die einde van ‘n lewensvatbare Suid-Afrika. Indien daar wel ‘n omverwerping van die huidige bestel plaasvind deur militere middele, sal die nuwe regering moet organiseer en gestand doen aan die aspirasies van die meerderheid Suid-Afrikaners.  Dit is al manier. Deur die grondwet te eerbiedig al is dit ongerieflik. Deur huise te bou vir die armes. Deur verwaarloosde infrastruktuur te herstel. Deur (hemele behoed ons), ‘n proses van nasionalisering om oneffektiwiteite en korrupsie in die kern infrastruktuurkomponente uit te skakel. Deur kwaliteit opleiding vir alle Suid-Afrikaners daar te stel en te onderhou. Deur ‘n openbare werke program tot stand te bring en deur ‘n stelsel van Nasionale Diensplig die infrastruktuur te ontwikkel.

Jy sien, jy kan byna nie die land herstel sonder om ongewilde stappe t eneem nie, en dit sal byna onmoontlik wees om te onderhou en definitief nie gewild wees nie.  Die nuwe staat sal die land moet heropbou uit die verval van 16 jaar se wanbestuur maar ook om die land weer aanmekaar te sit na wat ‘n bloedige oorlog kan wees.

 

Die keuses

Daar is dus nie baie keuses nie, en die swakste keuse sal wees om burgeroorlog te begin, omdat dit so moeilik sal wees om terug te kom van die skeuring wat dit in die samelewing sal bring. Jy kan eenvoudig nie ‘n samelewing reg skiet nie.

Al keuse wat werklik lewensvatbaar is, is deur aktief te werf in die land vir ‘n beter bestel deur die demokratiese verplasing van die ANC en hul ekstreme vriende. Ek het altyd gese dat daar nie ‘n politiese oplossing vir Suid-Afrika is nie. Daar is ook nie ‘n militere oplossing vir Suid-Afrika nie. Die enigste oplossing is die saamstaan van gebalanseerde gematigdes om die breinkrag van Suid-Afrika te kanaliseer in oplossings wat werk. Dit impliseer onder andere die ontbinding van alle rassistiese wetgewing inklusief SEB en volle toegang van alle vaardighede tot die mark om Suid-Afrika eerste te stel. Wanneer die ekonomie sterk genoeg is, sal die ander aspekte aangespreek kan word sonder dat dit ten koste van die land en al sy mense plaasvind. Populisme (swart en wit populisme) sal niks oplos nie, net verder polariseer en die stellings oor rassisme sal self-vervullende profesie word. Dan oorlog, en dan niks...


Gideon van Zyl Written on Sunday, 11 April 2010 10:35 by Gideon van Zyl

Viewed 690 times so far.

Rate this article

(5 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 19 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za