Watter manier van lieg werk die beste?
Ok – ek weet hoe dit werk. Mense gebruik iets wat wel “duidelik waar” is, en dan vat hulle daardie duidelike waar ding en bou valshede op die waarheid. Dan word dit wat leuen is ook waar deur implikasie. Mense bou ‘n “trail of logic” wat uiteindelik tot ‘n leuen lei, maar omdat die fundamentele aspekte korrek blyk te wees, is die uiteindelike leun onsigbaar of die uiteindelike leuen word in jou eie kop opgemaak. Partykeer is die leuen dit wat ons self opmaak omdat ons dit graag wil glo. As mens iets vir iemand vertel wat hulle graag wil glo, sal hulle daarvoor val. 99 persent van alle suksesvolle scams in die wereld is so gekonstrueer. So lank daar genoeg waarheid is, sal die leuens ook waar blyk te wees.
Hitler en die volkemoord
Dit is waarmee Hitler weggekom het en waarmee hy die Duitsers oortuig het dat dit fyn is om miljoene Jode te vermoor in die Tweede Wereldoorlog. Hy het ‘n land vol intelligente, hardwerkende, vooruitstrewende mense gevat en hulle een van die grootst leuen van alle tye laat glo. Hy het die Duitsers eers net laat glo dat hulle spesiaal is. Toe het hy daarop gebou deur aan hulle te bewys dat hulle spesiaal is. Toe het hy gegaan en ‘n vyand identifiseer – in sy geval was dit die Jode, want volgens hom was die Jode die mense wat seker gemaak het dat die spesiale mense nie dit kry wat hulle toekom nie. Van daar was dit ‘n klein stappie om die Jode eers te isoleer, en hulle uiteindelik uit te wis.
Apartheid
Ons eie mense het dieselfde gedoen. Hulle het alles gereed gehad vir hulle. Hulle het ons eers laat glo dat ons spesiaal is. Toe het hulle ons gehelp om vyande te identifiseer (eers die Engelse, toe die Rooi Gevaar, en toe die Swart Gevaar), hulle het ons gehelp om die leuen te glo deur ‘n fondasie te vestig wat waar was. Die Armoede van die Blanke Afrikaner na die Boereoorlog en later gedurende die depressie was onverdiend en was baie swaar op ons mense. Land is weggevat in ‘n onregverdige situasie – eers deur ‘n oorlog en later deur die ineenstorting van die wereldekonomie. Die mense wat probeer het om die Afrikaner te help het die persone geword wat ‘n verskil maak. Alles ter wille van die arm mense. Die arm mense se lojaliteit het begin uitbrei soos daar geleenthede geskep is, en die volgende stap is dat ons mekaar moet help – eers omdat dit ons mense is, en toe omdat ons ‘n volk is en later omdat ons “Die Volk” is. Ons was spesiaal, maar as jy spesiaal is, impliseer dit dat iemand anders nie spesiaal is nie, so ons moet nou die spesiales beskerm teen die nie-spesiales nie. Ons het begin om redes te soek waarom ons meer spesiaal is, en dit gekry in ‘n paar plekke. Die eerste was ons geloof, en die tweede was ons geskiedenis. Die Ou Testeamnet het skielik begin nuwe betekenis kry en die mense in mag het weldeeglik geweet hoe om ons so ver te kry dat ons sal glo dat ons “Beloofde Land” ons geboortereg was en ook dat – omdat ons spesiaal is voor God – dat God ons die reg gee om te vat wat ons wil. Dus was dit belangrik om t ebesef dat die “uitverkore ras” eenkant moet bly en suiwer gehou word deur nie te meng met die reeds identifiseerde vyand nie. Ons het die Bybel gebruik om ons eie waarheid te konstrueer van preekstoele en in politieke vergaderings, en gou was Apartheid daar – sonder verskoning en sonder om te blik of te bloos oor die ligitimiteit daarvan nie. Ons het gelewe en gesterwe omdat ons spesiaal was. Ons het oorlog gevoer in ons buurlande en ook in ons eie land teen ons eie mede-burgers om ons “Volk” te beskerm teen die vyande wat namens ons identifiseer was.
As jy die leuen reg vertel, word dit die waarheid, en ‘n hele volk sal dit glo as dit reg vertel word.
‘n Eksperiment – kom ons fabriseer ‘n leuen ter illustrasie
Kom ons bou ‘n paar feite en kyk waar ons uitkom dat ons die meganisme van leuens (en ‘n bietjie haat) kan ontbloot.
Ter wille van hierdie gesprek gaan ek baie gewaagd omgaan met bestaande feite, en ek gaan hierdie feite van die internet af pluk om dit meer geloofwaardig te laat klink. Dan sal ons hierdie gebruik om uiteindelik ‘n nuwe spin te gee aan die storie.
Ons gaan praat oor geloof – die fondasie waaraan baie van ons vashou en wat selfs die hardste krimineel al sy lewe laat verander het:
Geloof lei tot oorlog:
Die enkele grootste rede wat deur die eeue aangevoer is vir oorlog, was geloof. Kom ek noem net ‘n paar van die honderde oorloe wat al in die naam van ‘n opperwese baklei is:
Christene:
Die Kruistogte
http://en.wikipedia.org/wiki/Crusade
Tien kruistogte waarin honderde duisende mense vermoor is en vrouens verkrag is in die naam van God.
Die Franse geloofsoorlog tussen die Protestante en die Katolieke:
http://en.wikipedia.org/wiki/French_Wars_of_Religion
Dei Dertigjarige oorlog (1618 tot 1648) en die Europese geloofsoorloe:
Die Taiping Rebellie (1850 tot 1846)
http://en.wikipedia.org/wiki/Taiping_Rebellion
Met 20 miljoen mense dood in China is dit een van die bloedigste oorloe van alle tye.
In meer moderne tye die Bosniese oorlog (1992 tot 1995)
http://en.wikipedia.org/wiki/Bosnian_War
Islam:
Die sesde pilaar van geloof in die Islam is “Jihad”. Die hoeveelheid oorloe wat geveg is in die naam van die verspreiding is te veel om op te noem, maar die landskap van die Midde-Ooste en die gebied om die Middelandse see is na die koms van Muhammed total verander – meestal deur oorlog.
Dit het begin by die oorneem van Mekka in 628
http://en.wikipedia.org/wiki/Conquest_of_Mecca
En aangegaan met die oorname van groot areas van die bekende wereld van 634 tot die 1800’s.
http://en.wikipedia.org/wiki/Muslim_conquests
In moderne tye is daa rook baie voorbeelde soos die Tweede Sudanese burgeroorlog (1991 tot 2001)
http://en.wikipedia.org/wiki/Second_Sudanese_Civil_War
In die Eerste wereldoorlog was die Ottoman Ryk ook een van die agressors aan die kant van die Duitsers
Hinduisme:
Die Indiese rebellie van 1857
Taoisme/Daoisme
Geel Tulband rebellie
http://en.wikipedia.org/wiki/Yellow_Scarves_Rebellion
Die sg “Way of the Celestial Masters”
Boedisme:
Wit Lotus Rebellie (1796 tot 1820)
http://en.wikipedia.org/wiki/White_Lotus_Rebellion
Sri Lanka Burgeroorlog (1983 tot nou)
http://en.wikipedia.org/wiki/Sri_Lankan_Civil_War
Judaisme:
Die Joodse oorlog om die Beloofde Land binne te val is goed gedokumenteer in die Pentateug. Gaan lees gerus Exodus tot Rigters vir massamoord, verkragting en kindermoord.
Die Romeins/Joodse oorlog
http://en.wikipedia.org/wiki/Jewish-Roman_Wars
Die Midde-ooste (1947 tot nou)
http://en.wikipedia.org/wiki/Israeli%E2%80%93Palestinian_conflict
Geloof lei tot Moord:
In die hoogs gepubliseerde geval van Jonesville het Jim Jones in 1978 909 mense van sy gemeente laat selfmoord pleeg deur gif te meng met rooi koeldrank en die mense dit te laat drink. Die slagoffers het 276 kinders ingesluit
http://en.wikipedia.org/wiki/Jim_Jones#Other_issues
Saak gestel, dit moet onwettig gemaak word want dit is sleg
Dus, as ons ‘n saak wou bou teen geloof is dit baie maklik om te se dat geloof veroorsaak oorlog en moord.
Op basis van hierdie feite, kan iemand wat oningelig is of kwaad is of sommer net moeilik wil wees besluit dat geloof boos is en gestop moet word.
So wat ek hier gepleeg het is die tipe van konsep waar selektiewe feite ‘n leuen bou. Dus die dekonstruksie van ‘ n leuen. Hierdie leuen het gelei tot die verbanning van geloof in baie kommunistiese lande en ook tot die wrewel wat mense van sommige gelowe voel teenoor volgelinge van ander gelowe. ‘n Leuen gebou op selektiewe waarheid is en bly ‘n leuen
So kom ons vat maar ‘n oomblik en gaan dink en wonder hoeveel van die dinge waaroor ons vandag vurig voel is ook net ‘n leuen wat versigtig gekonstrueer is om mense in lyn te hou, om persoonlike voorkeuere ad te dwing of om ons vyande belaglik te maak in die media of by openbare vergaderings.
Hoe veel “waarhede” wat ons sankleef is net versigtig gekonstrueerde leuens?
Kyk uit vir die volgende artikel - Leuns gedekonstrueer - voorbeelde uit ons daaglikse wereld. As julle voorbeelde het van leuens wat gedekonstrueer moet of kan word, gesels asseblief saam.
Groete
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...