Tot 1994 was 16 Desember een van die belangrikste dae op die Afrikaner se kalender.
Geloftedag. Die dag waarop die slag van Bloedrivier geveg was en die dag wat volgens oorlewing deur Sarel Cilliers namens die Voortrekkers en hul nasate aan God belowe is as ‘n dag wat as ‘n Sabbat gevier sal word. ‘n Dag waarop ek as kind voorberei was om as Heilig te beskou. Hoe verander verwysingsraamwerke nie dit was ons as belangrik beskou nie – die meeste Afrikaners het al die jare 16 Desember as net nog ‘n vakansiedag beskou, en dit presies dieselfde eer gegee as wat enige ander Sondag gekry het. Daar was egter gedeeltes van die Afrikanervolk wat die 16e as baie belangrik beskou het. Dit was plegtig gevier as belangriker as ‘n Sondag. Dit was vir hulle ‘n simbool van oorwinning van hul voorouers oor die ongelowiges en oor die donker barbaarse magte van Afrika. Die dag was vir hulle spesiaal. Dit was so spesiaal dat die Voortrekkermonument opgerig is in Pretoria teen ‘n massiewe belegging inklusief ‘n sarkofaag in die monument waarop ‘n sonstraal om 12-uur op die 16e Desember val. Dus hul erns. Daar is ‘n groep mense vir wie hierdie saak nog steeds hul erns is. Ek kan nie die belang van die dag vir hulle afmaak as onsin nie – of ek myself as ‘n afstammeling van die Voortrekkers beskou of nie. Ek kan nie die belang van daardie dag negeer nie. Nie vir ander nie.
Op die selfde manier kan ek nie die belang van Vrouedag of enige van die ander politieke of geloofsdae negeer of verkleineer nie. Hierdie dag herdenk 9 Augustus 1956 toe vroue aan ‘n optog deelgeneem het om te protesteer teen die paswette wat deur die destydse Nasionale Party regering in werking gestel is. Die wette het elke swart persoon wat in ‘n blanke area wou werk of beweeg verplig om ‘n “dompas” te toon op aanvraag van die polisie.
Moenie verwag dat ek by ‘n politieke saamtrek gaan opdaag nie. Daarvoor is ek net eenvoudig nie ‘n groot genoeg alliansie met enige politieke beskouing nie. Die oomblik wat ek myself met die unieke groepsbeskouing van ‘n groep assosieer, sluit ek myself uit van assosiasie met van die ander groepe vir wie ek empatie en ‘n mate van simpatie het. Miskien is my gevoel van ambivalensie teenoor politieke aspirasies wat ander se aspirasies uitsluit net nog ‘n manier om op die draad te sit. Miskien is dit net ‘n manier om te se dat die polarisasie wat bestaan in die Suid-Afrikaanse gemeenskap nog steeds nie verby is nie. Die een man se held is die ander se terroris. Dit hang af wie die geskiedenis skryf.
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...