H
HKGK HKGK – of soos ‘n vriend van my altyd gese het – hier kom helse moeilikheid. Noord-Korea is alweer in die nuus en die keer is dit oor… hulle is alweer stout. Ons gunsteling Internasionale hanswors – Gerhard W Bos – het hulle deel van daai elite-klub die “Axis of Evil” gemaak, en hulle wil maar eenvoudig nie ophou om hulself in die nuus in te tantrum nie. Die keer deur te stel dat hulle ‘n tweede atoombom ontplof het. My eerste gedagte toe ek dit gehoor het was waar hulle plek gaan kry in Noord-Korea om ’n atoombom te ontplof? Hulle land is nie baie groter as Oom Angus se aartappelplaas nie, en uiteraard het atoombomme negatiewe gevolge vir onder andere die genetiese lewensvatbaarheid van jou bevolking. Verdere navorsing (lees Google), het aan die lig gebring dat hulle dit ondergronds gedoen het (so ’n bietjie soos ons vorige regering gedoen het in die Kalahari). Ek dink nie dat die kerntoetse wat ons gedoen het enigiets te make het met die ontstaan van sokkie musiek in Suid-Afrika kort daarna nie, maar uiteraard sal die ontstaan van vyf duisend nuwe platemaatskappytjies in mense se agterjaarte in Noord-Korea ’n definitiewe aanduiding wees dat mens nie langer die gerugte (gerugte is dat die gerugte versprei word deur die CIA) kan ignoreer nie. Vandag gaan daardie internasionale kommitee wat dink dat hulle die wereld beheer bymekaarkom in ’n noodsitting oor die situasie. Die vaste lede van die gebrek-aan-veiligheidsraad sal dan weer moet besin oor wat hulle kan doen om Pyonyang weer in lyn te probeer kry. Die grootste uitdaging is uiteraard om ooreenstemming te kry oor wat om te doen. Ek dink dat Engeland na Irak nog steeds nie gaan lus wees vir oorlog nie, en gaan voel dat Pyonyang baie hard mee geraas moet word. Die Franse sal hul hande in die lug gooi en Korea van allerhande aaklighede beskuldig soos dat hulle hul steak te gaar maak, en dan ‚n middagslapie vang na middag-reses. Die Russe sal lank daaroor nadink oor ’n bottel vodka en dan hul hoeveelheid atoomwapens stilletjies verdubbel sodat hulle Korea heeltemal van die planeet kan afvee as dit nodig sou word. China gaan klein plastiek atoombom modelletjies maak wat in Noord-Korea verkoop kan word as kaggelkakkies vir toeriste. Amerika sal ’n handelsmissie stuur na Pyonyang en probeer om hulle te oortuig dat hulle ’n McDonalds in elke voorstad sal bou as die Noord-Koreane ophou om bomme te maak. Die Suid-Afrikaanse ANC-afvaardiging sal enige sprake van sanksies ten sterkste afkeur op gronde daarvan dat sanksies nie werk nie en net die armes benadeel. Dit het net ind ie geval van Suid-Afrika gewerk, omdat... omdat... aag jel – ek het weer vergeet waarom die groot oorwinning deur sanksies gekom het. Wat dink julle gaan gebeur van hier af? Dink julle dat ons ’n internasionale krisis ingaan van wereldoorlog proporsies? Dink julle dat hierdie Armageddon word? Dink julle die Amerikaners sal weer ’n Irak (waar is daai wapens van massavernietiging nou weer weggesteek) aangaan? Wat sal die Duitsers doen – weer nie oorlog wil maak nie? En dan natuurlik – wat van die Japanners – as die enigste land in die wereld wat al aangeval is met ’n atoomwapen en binne trefafstand van Noord-Korea is – sal hulle net stilsit terwyl Noord-Korea al meer aggressief word? Tot Kyk -Gideon-
HKGK - vry vertaal as "Hier kom Jelse Moeilikheid"
Viewed 1055 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of Politiek
Politiek
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...