Om 'n oorlog te wen sal die "maklike" deel wees. Wat dan?
Last Updated on Sunday, 11 April 2010 11:19 Written by Gideon van Zyl Sunday, 11 April 2010 10:35
KKNK was cool. Regtig cool. Die twee weke wat ek besig was met KKNK, was fenominaal, maar was ook ‘n tyd van impak en gebeure wat die verloop van die geskiedenis kan bepaal.
Ek wil graag oor KKNK vertel, maar sal maar in die lig van my vorige paar blogs miskien myself hou by politiek, en miskien iets van my seining oor die politiek. Dit blyk dat my vorige blog plasing wel impak gehad het en wel interessant was vir verskeie mense.
Julius Malema het voortgegaan en sy mond aanhou oopmaak oor die reg van swart mense wat klaarblyklik belangriker is as die res van die bevolking. Demokrasie is klaarblyklik belangriker as menseregte, en die grondwet is klaarblyklik minder belangrik as die idees van ‘n comrade wat ‘n kans sien om populistiese snert kwyt te raak ten koste van die land. Toe word Eugene Terreblanche vermoor en die vonk is teen ‘n tempo op pad na die kruitvat. Miskien was dit onvermydelik, maar die moord op ET maak so veel gevoelens en emosies los. Aan die een kant ontken Malema alle aandadigheid, ten spyte van waarskuwings dat die vryheidsliede tot haat lei. “Toevallig” kort na die laaste reeks uitsprake en kontroversie om die Kill the Boer liedjie gaan twee jongmense en vermoor die Boer. Die boer wat die boegbeeld van die regse Afrikaner was word enkele ure later vermoor en alema onthen alle skuld. Dit herinner my aan kinders wat geen verantwoordelikheid wil vat vir iets wat hulle fout gedoen het nie, al is al die getuienis daar vir almal om te sien. Aan die ander kant is daar die reaksie vanuit Afrikaner geledere. Groot hoeveelhede Afrikaners voel bedreig en die situasie en verdure uitsprake vanuit die ANC kamp doen niks om die onrus te beperk nie. Die ANC sal alles binne hul mag moet doen om te rekonsilieer, en ek is werklik bekommerd dat hierdie afskuwelike moord die laaste hoop van rekonsiliasie vernietig het.
Read more: Om 'n oorlog te wen sal die "maklike" deel wees. Wat dan?



