Kwart voor vyf Saterdagoggend is ons toe in die bakkie en net voor 7 het ons by die hek aangekom.
Goedkoop vermaak die – R 125 vir twee mense en ‘n bakkie vol kamera’s is gladnie sleg nie. Wat ‘n heerlike dag was dit nie!! Dei tyd van die jaar is ‘n goeie tyd vir wildbesigtiging. In groot gedeeltes van die park is die gras kort en die wild is baie mak en daar is geen problem daarmee om foto’s of video footage te kan neem nie. Ons het regtig iets van alles gesien. Anders as in Kruger, is die mees algemene diere wat in die park voorkom Zebra’s en Blouwildebeeste. DIt is goed omdat dit ontsettend baie verskeidenheid bied vir ‘n fotograaf. In elk geval groter verskeidenheid as Kruger waar jy 90% van die tyd Impala’s het om aft e neem. Die tweede mees algemene dier wat ons gesien het is Kameelperde. Ek was ook baie bly oor di egroot hoeveelhede renosters wat ons gesien het. DIt bly wonderlik om die gepanserde reuse te sien aanwandel asof niks hulle kan pla nie.
Daar is ‘n paar dinge wat my opgeval het van Pilaansberg se wild- die hoeveelheid verskillende grootwild wat ons gesien het, die min voëlspesies en die min kleinwildspesies. Ek het wel ‘n breekoparend, Visarend en Kaalwangvalk gesien, maar ek sou wel meer verskedenheid van ons minder algemene voëlspesies wou sien. Ek het ook een keer in die verte wat gelyk het soos ‘n watermuishond oor die pad sien hardloop, maar behalwe vir ‘n paar blouapies, twee troppe bobbejane en ‘n klein rooiduikertjie is dit al die kleinwild wat ons gesien het.
Wat teleurstellend was vir my is dat die Noord-Westelike gedeelte van die park onlangs afgebrand het en die area was byna heeltemal leeg van wild. Ons het in meer as twee uur se ry deur die gebied net ‘n Zebra, Kameelperd Blouwildebees, twee Hartebeeste en ‘n duiker gesien. David het nie eens moeite gedoen om sy videokamera uit te haal nie oor die swartgebrande landskap wat geensins geskik is vir stock nie.
Direk uit die gebrande area het ons op ‘n paar leeus afgekom wat ‘n paar zebra’s geterroriseer het. Dit was nogal interessant. Die teken dat daar leeus in die omgewing was, was dat al die wild doodstil bly staan het en net gestaar het. Nie een van die Zebra’s en Blouwildebeeste het eens ‘n grassie geeet nie. DIt is asof hulle geweet het dat daar iets uit plek is, maar nie geweet het wat nie. Ek het uiteindelik na ‘n rukkie se soek deur die landskap die twee leeus onder ‘n boom sien lê. Daar was ‘n troppie zebra’s naby die leeus, en hull ehet ook net staan en kyk. Uiteindelik het een van die leeus opgestaan ‘n rustig aangestap na die zebra’s waarna die zebra’s weggehardloop het. Die leeu het toe weer net eenvoudig gaan le in die gras. DUidelik was daar nie vreeslik baie entoesiasme vir ‘n jag nie, en die leeu wat nog onder die boom gele het het toe maar op sy sy gaan lê.
Ons het teen 5-uur by Bakubung Lodge aandete gaan eet en is so kwart voor ses weg op pad terug na Kempton Park. DIt is definitief ‘n heerlike, ekonomiese uitstappie om te maak en na net meer as twee uur se ry kan jy en jou gesin by ‘n voortreflike park wees waar jy byna alles kan sien wat jy in Kruger sien. Ons reis het vir ons ‘n heerlike kykbelewenis gegee met drie van die groot 5 (leeus, renosters en olifante) en groot hoeveelhede ander spesies. Ek sal dit weer doen. Sommer gou ook.
Die Sondagkoerante
Die Rapport het soos gewoonlik alweer stof tot nadenke gelewe. Eerstens het hulle alweer die ponie in die pers gesit met ‘n berig en ‘n paar foto’s oor Herschelel Gibbs wat betrokke was by ‘n groepswoeps (*GAAP*). Hier is ‘n skakel na die berig en ook die video vir die wie sulke dinge interessant vind - http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/308112c2099342bbab426368bd8555c8/12-09-2009-05-38/Herschelle_fuif_met_peperduur_kaal_meisies
Dan natuurlik van baie meer belang vir daaglikse gebruik is ‘n berig dat Afrikaanse vloekwoorde al minder skop het - http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/2287/fccd8b4887f24f1098db7f28939e6074/12-09-2009-04-32/Afrikaanse_vloekwoorde_skop_al_minder Daar is glo nou
net vier woorde wat nog enigsins skokwaarde het. Die nimlike fok, donner, doos en moer se skokwaarde is blykbaar besig om te taan, waar die woorde p**s, p**l, n**i en k**t nog steeds hul skokwaarde behou. Die verskynsel word soos volg deur Prof Feinaur wat die navorsing gedoen het verklaar: “Die houding van die gemeenskap word in die taal gereflekteer – daarom word hierdie woorde as vloekwoorde gebruik. Dit het steeds ’n baie hoë taboewaarde in Afrikaans, hoewel mens deesdae die p**s-woord meer dikwels hoor. Ek dink dit is daaraan toe te skryf dat d**s oorgebruik word en sy sterk emosionele waarde begin verloor.”
Daar het jy dit nou – wat ons nog altyd geweet het is inderdaad besig om te gebeur. As jy lank genoeg blootgestel word aan dieselfde gemors word jy uiteindelik gedesensitiseer teen die skokwaarde daarvan. As dit so aanhou sal ek een van die dae van sokkiemusiek begin hou ook... en begin sokker kyk...
Aagnouja – ek is nou besig om te begin kak praat (dit is ook nou op die lys van aanvaarbare woorde hoor).
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...