Sunday, May 20, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

A blog of all sections with no images

Vonk Toekennings foto's

(1 vote)

Ek het 'n paar foto's vir julle in die gallery ingelaai. Julle kan gaan kyk daarna by

http://gideonvanzyl.co.za/website/index.php/multimedia/fotografie/category/5-vonk-awards-2009.html

 

As julle al die foto's wil sien gaan kyk gerus by my Facebook  

http://www.facebook.com/album.php?aid=153838&id=558729664&l=c14f1c755d

 

 

   

Pilaansberg foto's, Vloek sal nooit weer dieselfde wees nie...

(4 votes)

Vir ‘n verandering was die week ietsie rustiger as gewoonlik. Die week het in die kader van fotografie gestaan vir die grootste gedeelte. EK het Maandag en Dinsdag spandeer aan foto’s van die Vark Fees te edit en dit op twee dvd’s te sit vir WImpie van der Sand twat dit op sy beurt weer beskikbaar stel aan die musikante en die organiseerders (of so iets). Ek is baie tevrede met die foto’s en glo al die partye sal dit ook geniet. Wat ek deesdae doen wanneer ek foto’s vir iemand neem, is om al die foto’s in ‘n folder te sit met ‘n contact sheet by. ‘n Contact sheet is ‘n indeks van die foto’s en is ‘n blad vol kleiner foto’s waaruit jy dank dan kan sien watter foto’s is watter en kies watter foto’s jy wil gebruik. 

Saterdag het ek en David deurgery na Pilaansberg Natuurreservaat . David is besig om aan ‘n projek te werk vir Maranatha musiek en deel van die projek is footage van natuurlewe. Die problem is dat hulle nie vir hom genoeg footage gegee het om die hele projek klaar te maak nie. Dus is ons toe wildtuin toe om video footage te gaan skiet.  Ek het Maandag ook ‘n lekker Sigma 120-400 OS lens gaan koop OS staan vir Optically Stabilized wat beteken dat die lens ‘n stabiliseer meganisme inhet. Die trippie was uiteraard vir my ‘n ideale geleentheid om die lens te toets. Soos gewoonlik met groot shoots, het ek twee kamera’s saamgeneem. Een vir landskappe en een vir die groot kanon. Vir landskappe het ek my getroue ou Sigma 17-50 f2.8 op my Canon 30D gesit, en ‘n polariseer-filter vooraan vasgeskroef.

Read more: Pilaansberg foto's, Vloek sal nooit weer dieselfde wees nie...

   

Foto's van die Varkfees. Hoe maak ek foto's van musikante op verhoog. Dinge wat nie cool is nie

(5 votes)

Wat ‘n tyd!! Die wiele rol en ons dae is vol. Alles in orde vir nog ‘n paar opwindende naweke.

Vark (musiek) Fees

Saterdag was ek by die Vark Fees, en wat ‘n fees was dit nie!  Ek was daar om foto’s te neem en het kans gehad om lekker te eksperimenteer met ‘n paar idees wat ek al lankal wou uitprobeer.

Om foto’s te maak van vertonings

Ek het ‘n VIP pas gehad wat my volle toegang gegee het tot die musikante en ook tot alle afgesperde areas. Dit het my kans gegee om rondom die verhoog te werk om foto’s uit verskillende hoeke te kry. Fotografie is nie regtig iets wat ek gereeld hier bespreek nie, so verskoon my as ek tegnies raak met die beskrywing, maar ek is seker dat sommige van julle die beskrywing wel sal geniet.

Soos gewoonlik het ek nie regtig veel flash gebruik nie. Ek is nog steeds nie mal oor flash vir lewendige optredes nie, omdat dit steurend kan wees vir kunstenaars. Ek vind dit self steurend as iemand met ‘n flits werk, so probeer om dit te vermy, tensy die lig so swak is dat mens nie anders kan nie. Gelukkig was die beligting uiters goed, hoewel ek soms gevind het dat daar te veel rooi was in die beligting. Rooi is nie goed vir foto’s nie, en verwyder tekstuur en  karaktereienskappe van die onderwerp. Tensy jy dus ‘n amorfiese beeld wil kry wat amper soos die regte onderwerp lyk, vermy jy rooi lig. Uiteraard kan jy deur die rooi probeer sny deur flits, so dit is een van die min omstandighede waaronder ek wel flits gebruik by ‘n vertoning.

Read more: Foto's van die Varkfees. Hoe maak ek foto's van musikante op verhoog. Dinge wat nie cool is nie

   

Nog van my Foto's

(0 votes)

 

 

',width:'100',height:'100'" width="100" height="100" align="" />

   

Die video, Sondag, Kaapstad, Loslit Dag en foto's

(0 votes)

Tyd vlieg. Ek is nog steeds baie besig, en een van die newe-effekte is dat wanneer mens baie besig is, jy nie kans kry om belangrike dinge te doen soos om jou hare te kam, met vriende te gesels of te blog nie. Mens het dan uiteraard ook 'n verskoning waarom mens nie oor sekere onaangename aspekte wil praat nie of waarom mens sekere konfrontasies vermy nie.

 

Die video van Afrikadag is nog steeds nie klaar nie. Dit is meestal as gevolg van tegniese redes. Die ouens wat aan my video werk is onder baie druk van verskeie partye af, en ek dink dat omdat ek oor die algemeen 'n redelike nice persoon is, is my video die laagste prioriteit. Dit is nie so ernstig nie, omdat (soos julle miskien weet) ek nie by 'n platemaatskappy is nie, en nie afhanklik is van musiek om die pot aan die kook te hou nie.

Dan is daar die tegniese aspekte. Verlede Sondag het ek gaan kyk na wat die finale finale video sou wees, en daar was nog 'n paar dingetjies wat gekrap het. By my aankoms by Don se plek was daar 'n ander besoeker. Ongekunsteld en onbekend met die plaaslike Celeb ciruit soos ek is, het ek toe geen idee wie sy is nie, maar dit blyk toe dat sy die Chanelle de Jager oftewel Des 'n ster van Egoli is. Sy is besig om aan 'n projek te werk waarvoor Don 'n bietjie editing doen vir hulle. Ons kyk toe deur die video , en die heel tyd krap iets aan my. Julle sal moet wag om die video te sien om te weet waarvan ek praat, maar die video is uiters tegnies aanmekaargesit met spesiale effekte wat 99% van die video uitmaak. Ek was op byna geen een van die plekke in die video wat ons uitbeeld nie (behalwe die piramiedes). Nou sulke dinge kan mens met 'n sg "green screen" regkry. Ons het inderdaad ook 'n Green Screen gebruik, maar al die ander dinge wat in die video gebeur is geanimeerde gebeurtenisse. Die probleem daarmee is dat as mens in 'n geanimeerdie of virtuele wereld is, is dat dit regtig nie eg lyk nie. Ek het die ding so gekyk en gekyk en het probeer om uit te werk hoe ek meer "in" die virtuele wereld kan blyk te wees, toe Chanelle haar vinger op die probleem le. Ons het nie skaduwees gehad nie. Don stel toe dat dit nou nie so 'n groot probleem is nie, en begin sommer daar en dan te werk aan 'n skaduwee vir een van die scenes, en voila! - ewe skielik kom alles bymekaar. Dankie Chanelle!! Helaas soos die Mafia sou se is daar nie so iets soos 'n gratis ete nie, en die probleem is dat die skaduwees die render  ('n term wat die rekenaarproses beskryf waar verskillende komponente saamgesmelt word om een beeld te vorm) tyd van die indiwiduele scenes verleng het met ure. Om die finale video te render neem nou nie ure nie, maar dae! Die een scene van 'n paa rminute het byvoorbeeld 20 uur geneem om te render!

Die finale resultaat is dat al lyk die finale roduk nou baie mooi, sal ons nog 'n bietjie moet wag vir die video om klaar te kry. Miskien die volgende paar dae dan laat ek julle sien op Youtube.

 

Yolanda Barnard se Sondag braai-ding artikel het toe vandag verskyn. Mooi storie, en my lekker resepte is ook daarin. Dit was regtig 'n lekker dag, en ons het lekker gekuier met Yolanda, Lise en Lydia. Dankie julle almal vir die moeite wat julle gedoen het. Susan en ek het dit vreeslik baie geniet.

 

Verlede week moes ek Kaapstad toe om te gaan werk doen (ek moet op een of ander manier vir al die duur musiek, video en fotografie-goed betaal). Die resultaat was dat ek 'n suksesvolle werkie afgehandel het, maar ook in die proses 'n paa rmooi foto's kon maak:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tafelberg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Grand Western

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Klopse

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog Grand Western

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

So, Kaapstad was weereens die moeite werd.

 

 

Loslitdag was ook baie pret. As

 

die nuweling op die blok het ek as een van die eerste drie opgetree. EK het maar weer my ding met my kitaar'tjie gedoen, en die ander het hul ding gedoen met met hul onderskeie instrumente tot hul beskikking. EK het 'n paar gawe mense ontmoet en soos wat dit normaalweg gebeur het ek ook 'n paa rminder gawe mense ontmoet. So is die lewe. As daar nie assholes is nie, sal mens nie weet wat gawe mense is nie. Ek moet byse dat daar al in die verlede mense was wat ek by eerste onmoeting as assholes beskou het maar wat nou van my beste pelle is. Dus is ek die keer ook tien-teen-een verkeerd. Musikante wat saam met my opgetree het was onder andere Anelle Botha, Pieter Smith, Pieter Koen, Kurt Darren en NNadine. Nadine is kamera-vriendelik. As jy foto's neem sal jy erstaan wat ek bedoel. Sommige mense is so fotogenies dat dit byna onmoontlik is om 'n slegte foto van hulle te neem. Ander mense is baie harder werk om its moois van te neem. Ek sal nog foto's oplaai van Loslitdag, dan sal julle sien wat ek bedoel.

 

 

Hier is ook 'n paar foto's van die dag toe ons MK Unplugged na die Liedjieboer vernoem het. Ek tree terloops vanmiddag ook weer daar op. Miskien sien ek julle daar.

 

Die Liedjieboer self

 

Hier is die Liedjieboer self in 'n peinsende bui.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hans

 

 

Hansie Slim se Hans is besig om te interpreteer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hansie Slim met Wouter

 

 

Hansie Slim met Outer van de Venter wat uithelp op die kitaar

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wouter van de Venter

 

 

 

Wouter van de Venter

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Charlie van Beeskraal

 

 

 

Charlie van Beeskraal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Beeskraal

 

 

 

Beeskraal Live

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nouja, dit is dan al vir my vir vandag.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

Read more: Die video, Sondag, Kaapstad, Loslit Dag en foto's

   

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 32 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za