G
isteraand (Dinsdagaand die 31e Maart 2009) het die spiksplinternuew Murg band die eerste keer saam met my opgetree. Ons het by Jukebox in Brakpan opgetree, en dit het uitstekend gegaan. Die optrede was 'n bietjie eksperimenteel, aangesien ons nog sonder 'n leadspeler is, maar dit het no steeds gekook. Voor die gig moes ek eers inderhaas 'n stel drommikrofone soek, en het uiteindelik reggekom by Matt's Music in Roodepoort. Naas het my uitstekend gehelp en ek waardeer die hulp en uiteraard die afslag wat ek gekry het . Ek kan die besigheid baie sterk aanbeveel vir musikante. Hulle het 'n uitstekende versameling van instrumente en verwante dinge.Telephone: (011) 763-2542 Fax: (011) 763-7100 Address: Shop 12, Horizon View Shopping Centre, Ontdekkers Rd, Roodepoort E-mail:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Honeydew Telephone: (011) 675-6249 Address: Shop 21, Hoenydew Village, Cnr Christiaan de Wet & JohnVorster, Honeydew Die mikrofone wat ek gekoop het is 'n stel Audix 7 mikrofone, en ek is regtig beindruk deur dit. Ons het net drie mikrofone gebruik - die kick-drom, een op diesnare en een oorhoofse mikrofoon vir die simbale en toms. Ek het nog een van die oorhoofse mikrofone gebruik op die Jembe met David en my akoestieseliedjies. Terug na die Murg band. Jacques Sutton speel keyboards vir ons en bring sy eie kenmerkende styl na die klank wat ons het. Soos ek is Jacques een van daai musikante wat al jarre lank musiek maak, maar in die dag betrokke is in die informasie tegnologie industrie. Dit maak nie net vir lekker saam musiek maak nie, maar ook vir interessante gesprekke oor dit wat op hierdie stadium brood op die plank sit. Op baskitaar het ons vir Andrew Friend. Andrew is jarre lank al betrokke by 'n familieorkes en speel geestelike musiek wanneer hy nie saam met ons klomp jam nie. Hy het ook van die coolste tattoo's in die band... ok - hy is die enigste ene met tattoo's in die band so ver ek weet. Andrew doen installasies van kragverwante goed soos UPS stelsels vir rekenaarsentrums. Dus as julle julle rekenaars wil beskerm teen almal se beste vriend, ESKOM, is Andrew die man om te kontak. Vir die van julle wat my al sien optree het, is die derde lid van die band nie onbekend nie. David van Zyl tree al geruime tyd saam met my op. Gewoonlik speel hy Jembe en sing harmonie saam met my as deel van akoestiese optredes. Met Murg is hy ons drommer. David is 'n 3D animeerder, en doen ook otwerpswerk op webblaaie. Gaan loer gerus na www.stevehofmeyr.co.zawww.adriana.co.zawww.7thholegolflodge.co.zaom van David de werk te sien. Ons sal nou 'n gereelde Dinsdagaand ding doen by Jukebox. Julle kan gerus bel by 08330I7950 vir meer inligting en ook hoe om daar uit te kom. Julle kan my ook uiteraard kontak. Dit is amptelik die plek om te wees op Dinsdagaande. Kom ondersteun ons gerus! Groete -Gideon-
Die nuwe band se eerste optrede
Viewed 1376 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of Optredes
Optredes
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...