H
oi Almal! Die tyd vlieg en ek het al weer in twee naweke nie geblog nie. Ek bewonder die mense wat gereeld blog, maar ek wens ek kon tyd maak tussen die geskarrel deur. Dit is nou eenmaal swaar om twee/drie loopbane aan die gang te hou en te kry. Betlehem was goed maar ook nie so goed nie. Dit was goed omdat ons kans gekry het om die akoestiese band 'n spin te gee, en minder goed omdat die opkoms by die gig nie wat-wonders was nie. Dus was dit nog 'n gig wat ek finansier het. Ek, Johan en Theo het saamgery tot in Betlehem in 'n konfooi van twee motors. Ek het al die toerusting in die bakkie vervoer en Johan en Theo het in luukse in die Mercedes gevaar. Jahn en sy verloofde, Cara het saamgery op hul eie nadat hy weer rehearsals moes bywoon vir Stok, en Spidey en sy familie het uiteraard op hul eie deurgekom van Kroonstad af. Ons het so halfpad deur daardie tragiese wedstryd teen die Wallabies by die Waenhuis aangekom, en toe hoor ons dat daar nie veel kaartjies verkoop is nie want glo was die lugskou aan en iets van Chris Cameleon en die dorp het net so veel musiekondersteuners en daar word nie 'n groot opkoms verwag nie. Okei, so gaan dit maar en ons besluit om dit in elk geval te doen en dit boonop te geniet ook. Die formaat was twee sets van 45 minute elk en ek het 4 nuwe liedjies ingewerk wat ek onlangs geskryf het en ook 'n paar standards uit 'n vorige lewe. Ons het 'n soundcheck gedoen en nadat ons die normale tegniese probleme uitsorteer het wat met 'n soundcheck in 'n nuwe venue gepaardgaan, het ons 'n vinnige run-through gedoen. Lekker. Die show self was kookwater, en ek dinkd at die formaat definitief in die toekoms vir kleiner gehore sal werk. Dankie vir Dei Waenhuis Teater wat so 'n wonderlike werk in Betlehem doen. Ons het dit baie geniet. Ook vir Ilanga Lodge waar ons oorgeslaap het. Dit was regtig gemaklik en ek het darem die volgende oggend kans gekry om 'n paar mooi foto's te maak ook. Die afgelope Sondag het Susan, Dante en ek gaan brunch eet by die in-die-proses-om-herdoop-te-word MK Unplugged. Die nuwe naam is die Liedjie-boer. Ek het net na 12 die verrigtinge aan die gang gekry en 'n solo set gedoen met kitaar. Halfpad deur die set val ek toe amper van die verhoog af, want Anton Goosen kom toe by die deur ingestap en toe vind die normale groet-roetines plaas. Ek vergeet toe amper om aan te gaan met my set en was skoon ontsenu, maar het darem weer aan die gang gekom. Die middag was 'n regte fees. Na my het 'n hele paar Afrikaanse musikante opgekom en ook 'n paar coverkunstenaars wat die mense vermaak het. Onder andere Hansie Slim, Wouter van Deventer, Joe F en Carle van Deventer het almal opgetree. Ons is so 6-uur se kant daar weg vir lig en natuurlik moes Dante eers huiswerk klaarmaak. Kom kuier gerus volgende Sondag weer saam. Hierdie week is 'n bietjie vreemd... dink ek. Donderdagmiddag kook ek saam met Sondag. Ons wil 'n Arabiese tema doen en dan gaan ek Vrydagoggend bietjie gewig ingooi by Alma skool vir die gestremdes in Pretoria vir National Casual Day. Volgende week doen ons Kaapstad vir 'n bietjie tegniese werk. Tot gou -Gideon-
Betlehem en die Liedjie-Boer
Viewed 1045 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of Optredes
Optredes
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...