C
haos hier by my, maar laat ek julle eers gou op datum bring. Ons het die 12e AUgustus uiteindelik die lank-verwagte launch gedoen. Dit was nogal interessant, maar vol stresse. Die stres het hoofsaaklik oor tegniese dinge gegaan. Ons het uiteindelik begin om finale repetisie te doen kwart voor 8 die aand. Ons wou half 9 begin met die show, maar ons vinnig-ingedruk-en-geblikte repetisie het eers 27 minute oor 8 klaargemaak. Ek het toe eers gou 'n draai gaan gooi op die vloer om te hoor hoe dit gaan en uiteindelik kon ons eers kwart voor 9 begin. Lydia Winchester het eers 'n paar vleiende dingetijies gese oor my en wat ek doen, en to is ons aan die gang. In die hitte van die oomblik het alles toe uiteindelik bymekaargekom, en dit was 'n fees. Dit is so goed om weer na maande se wag op 'n verhoog te wees met 'n vol orkes, en wat 'n orkes! Van die span wat op "Murg" gespeel het was Neill Ettridge en Johan Kelber op die verhoog saam met my. Die ander musikante was Spidey Knepscheld wat die moeilike taak gehad het om Barry Snyman se inleidings op die sax te speel. Hy het ook op ander plekke ingevul met sax en mondfluitjie. Die fenominaale kitaarspeler Theo van Rensburg het kitaar gespeel, en dit is amper oorbodig om te se dat hy goed gedoen het. Sommige mense doen moeilike dinge soos ander asem haal. By daardie stelling kan ek ook Jahn Beukes wat percussions gespeel het en Johan Bouwer wat bas gespeel het insluit. 'n Mens weet dat 'n pecussionis en 'n basspeler goed is as jy hulle nie merk in 'n orkes nie. Nie omdat hulle te sag speel nie, maar omdat hulle op elke inval en elke plek hul ding doen. Daar is nie verblindende solo's of enigiets wat hulle laat uitstaan nie, maar hulle is in die fondament van 'n goeie orkes - ongemerk besig om die motore aan die gang te hou. Daar was heelwat verteenwoordiging van die pers, en dan ook baie vriende. Wat 'n lekker aand! Selfs my webmeister, Harvey, het kom kyk. Dankie vir almal wat daar was. Die wat dit gemis het - dit sou lekker wees om julle daar te he, maar ons sien julle gou erens anders. Die volgende "droptest" vir ons is eerskomende Saterdagaand by die Waenhuis Teater in Betlehem. Dit begin 9-uur in die aand en gaan pret wees. Die musikante wat saam met my werk is Johan Kelber op Keyboard en sax, Theo van Rensburg op kitaar, Jahn Beukes op Percussions en Spidey Knepscheld op sax en harmonika. Ons doen die liedjies van Murg af, maar stel ook vier nuwe liedjies bekend, en gaan ook 'n paar bekende covers doen net om die mense aan die gang te kry mee. Die covers is meestal nuwe verwerkings en gaan hoofsaaklik akoesties gedoen word. Ons het gisteraand repiteer, en ek is oortuig dat julle daarvan sal hou. Sien julle daar. Nouja - dit is dit vir my vir eers. Groete -Gideon-
Launch en Betlehem
Viewed 955 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of Optredes
Optredes
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
|
|||||||||
|
|||||||||
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...