O
Ons deelname aan Klipdrift Battle Of the Bands Ons het toe gisteraand die Klipdrift Battle of the Bands gedoen. Dit was nice, en ek dink ons het uitstekend gespeel. Die aand was nogal ‘n bietjie vreemd vir ons. Eers het ek en David vir amper 'n uur vasgesit in Boksburg op pad na die N17 snelweg toe. Die hele wereld se ambulanse en polisiekarre en weet-wat-nogs het verbygejaag gekom en ons het maar net gesit. Ons het uiteindelik so half sewe aangekom by die venue, en toe so onsself voorberei op die ergste. Ek dink nie ons was regtig gesteres nie, maar daar was tog ’n paar dinge wat geknaag het. Ons was gedraw om derde te speel wat goed was, want dit gee kans dat die senuwees eers ontspan (ek bly senuagtig voor ’n gig en kompetisies is nog erger). Ons doel was om net onsself te geniet en ek het nie ernstig oorweeg om onsself as moontlike wenners te sien nie. Miskien is dit ’n vorm van selfbeskerming. Jy weet so iets soos – as jy nie goed doen nie, raak dit jou nie so veel nie, want jy voel nie dat jy misluk het nie. Ons het ingegaan met ’n vol bluesey/jazzy set wat lekker gefunk het. Ek was ’n bietjie bekommerd oor die een song, „Konings kantel“ omdat ons altyd gesukkel het met timing op hom. Die song waarmee ons toe ’n bietjie van ’n snafu geslaan het was toe die een waaroor ek die beste gevoel het. Ons het „Aarbeie en Room“ ’n bietjie te vinnig begin maar darem soos dit goeie musikante betaam het die tempo ’n bietjie genormaliseer teen die tyd dat die lirieke begin het. Ek het ’n klein voet-in-mond oomblik gehad wat ek dink ons nie gehelp het nie. Ek het iets in die lyn gese van dat ons musiek speel wat ons van hou. Dit was ‘n goeie lyn. Toe voeg ek by dat dit nie noodwendig musiek is wat die mense van hou nie maar dit is okei met ons. Toe ek dit se dink ek by myself dat daai ene gaan ons stemme kos omdat ek basies vir die gehoor gese het dat hul opinies nie belangrik is nie. Okei – te laat vir selfkasteiding, leer net uit jou foute van Zyl. Die groot irritasie was met die lyb van die DI boks na die desk. Elke keer as ek op die lyn getrap het, het hy geraas gemaak en my kitaar het gefade. Ek het die ding probeer wegskop, maar dan met my wat oor die verhoog beweeg die heel tyd het die stoepid ding weer geraas. Dit het definitief afbreuk gedoen aan ons show, en ek kon die fronse van die gehoor sien elke keer as dit gebeur. Ek dink volgende keer vat ek my eie drade saam omdat ek weet dat dit reg werk. Ek stel dit nie as verskoning nie, net dat ons uitstekend was op die aand en goeie analise help mens altyd om te kan verbeter. Die band het gekook. Jannie Lategan, Jacques Sutton, Andrew Friend en David van Zyl is Murg en hulle is goed. Maar laat ek julle nie probeer oortuig nie. Lees liewers wat die beoordelaars gese het: Wimpie Rudolph: Ondervinding tel, goed soos altyd. Riaan Groenewald: Julle weet beslis wat julle doen elke persoon is ‘n musikant in elke reg, goeie lirieke. Henry Bruinette: Gooi mielies, Lekker manne! Andre Leibrandt: Experience shows! Niks negatiewe kritiek dus nie. Op die aand was daar net van die ander bands wat se act beter gewerk het as ons s’n. Die ander bands het hul eie gehoor gebring en dit het ek dink dat dit hulle geweldig baie gehelp het. Die kompetisie was straf op die aand – baie straf. Van die 10 bands wat meegeding het, het 5 deurgegaan na die top 12. Dus vir die rekord uit vyf rondtes het byna 50% van die bands uit rondte nommer 5 gekom. Ons is op die oomblik gesamentlik op nommer 11 (nommer 4 op die aand) in die algehele stand van sake. Bands wat ek regtig geniet het was Acoustic Liquid en Infamous. Ek het Wysdiman nie regtig gekry nie, maar het dit uiters entertaining ervaar. Francis Day het 'n goeie sound, en hul songs is awesome - melodic rock/Brit pop fusie. AL wat my gepla het van hulle is dat hul vocalist 'n bietjie gesukkel het met sy midrange. Hy was puik op sy kopstem en met sy lae register. As hy sy midrange kan uitsorteer gaan hulle die land mal maak. Van my kant wil ek vir Klipdrift dankie se vir die belegging wat hulle in Suid-Afrikaanse musiek maak duer hul borgskap van hierdie kompetisie. Die beoordelaars vir die tyd wat hulle opsy sit hiervoor – dit is nie ’n betaalde gig vir hulle nie, maar vir 17 weke van die jaar is hulle daar en moet na goed en kwaad luister. Die organisasie is ook uitstekend en ek dink Wimpie van der Sandt doen ‚n uitstekende werk met die promosie van die projek. Ook Anita van de Venter wat die bands bymekaarkry. So ver was ons ervaring baie positief, en ons het dit baie geniet. Ek moet seker die dag behoorlik aan die gang kry. Vanaand is daar al weer ’n gig by die Liedjieboer. Sien julle daar!! Tot Kyk -Gideon-
Ons deelname aan Klipdrift Battle of the Bands
Viewed 887 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of Optredes
Optredes
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...