H
oi Almal!Ek wou darem net so vinnig in die verbyswaai waai. My lewe is 'n bietjie chaoties die afgelope paar dae. Verlede week was Sweepslag besoek, Pampoene Oppie dag Fees (Vrydag, Saterdag en Sondag) waar ek nie net opgetree het Sondag nie, maar ook die "amptelike fotograaf" was. Saterdagmiddag het ons deurgery na Middelburg waar ek die aand 'n optrede van David by sy ou skool se revue bygewoon het. Sondagoggend was dit terug na die Pampoene ding met David in die kar en nog deur harmonie gegaan. David het die eerste keer saam met my opgetree - hy het percussions gespeel en backing vocals gedoen. Maandagaand was dit die Vonk awards en gisteraand weer 'n Sweepslag opname. Vandag vlieg ek Kaapstad toe vir 'n bietjie werk vandag en more. Dan het ons 'n redelike rustige naweek, behalwe dat ons 'n photoshoot beplan het vir Saterdag met die band Hansie Slim. Maandag vlieg ek na Tel Avin in Israel vir 'n Paar dae en dan Saterdagaand na Houston, Texas. Ek behoort daar aan te kom Sondag een of ander tyd, maar ek sal twee weke daar wees dan terug huistoe vir 'n week waarna ek na Amsterdam gaan. Saterdag die 13e is dit my vriende Wouter van de Venter en Anita Smit se troue, en dan uiteindelik sal ek van omtrent die 14e weer in 'n redelik normale roetine kan inval. Ek hpoop nog om 'n paar foto's Vrydag op te laai van die afgelope paar dae se dinge, maar julle is natuurlike ook welkom om my op te soek op Facebook en na die foto's van die afgelope paar weke daar te loer. Ek dink dat julle baie meer van my sal hoor terwyl ek reis, want hotelle gee mens gewoonlik heelwat tyd om te dink en om ook blogs op te dateer :). Groete -Gideon-
Vinnige status
Viewed 1160 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of - Blog -
- Blog -
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...