Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Video op Kyknet se Ontbytsake!

H oi!Ons het toe uiteindelik die video klaargemaak en voorgelê aan verskillende televisiekanale. Ons is begin verlede week in kennis gestel dat dit so ver goedgekeur is vir vir Kyknet. Van afgelope Maandag is dit toe ook geplaylist by KykNet.  Ons het deur die week 'n ogie gehou maar dit nêrens gespeel gesien nie tot vanmore. Ek het vir Susan 'n koppie koffie gemaak en in die bed gebring terwyl ons Ontbytsake kyk. Ek was besig om met Ruby te gesels tussendeur (sy kom in die oggende kamertoe aangestap, en dan tel ons haar op die bed waar sy dan pappegaai-dinge doen soos om haar vere mooi te maak en sonder ophou babbel). Ek hoor toe die liedjie speel "Ek het nog my lewe", maar om een of ander rede het dit nie lekker geregestreer nie, en toe stamp Susan my en se vir my dat dit my Video is. Vreemde gevoel. Dit is die eerste keer wat ek een van my video's uitgesaai sien op televisie en so onverwags. EK het gedink dit sal miskien 'n spot erens in die vroegoggend voor ontbytsake kry, maar nee - slap dash in die middel van die program. Nogal cool.Die goeie nuus is dat ontbytsake elke oggend die res van die week uigesaai gaan word, dus as julle DSTV het, loer gerus in die oggend na Ontbytsake vanaf ses-uur.-- -Gideon-http://www.gideonvanzyl.co.za/newhttp://www.myspace.com/gideonvz

Gideon van Zyl Written on Saturday, 28 June 2008 09:43 by Gideon van Zyl

Viewed 1510 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Dirkltjie  - Jou nuwe CD   |Y-m-d H:i:s
Hello Gideon

Ek het jou videos gekyk op Youtuve en jou site. Impressive.

Ek soek een. waar kry ek dit? Ek woon in Kempton Park
Gideon   |Y-m-d H:i:s
Hoi Dirkltjie

Die CD is in die algemene mark beskikbaar, maar jy kan dit natuurlik ook by Kalahari.net, Take2 en Bowline bestel. Jy kan natuurlik ook na ons launch kom op die 12e Augustus by MK Unplugged in Midrant en ene sommer daar koop by my .
...
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 19 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za