D
ie afgelope twee weke was kompleks. Ons het nie net uitdagings gehad met 'n span verwers wat in en om ons huis rondgehang het nie, maar my stiefpa, Ghandi van Heerden is verlede week oorlede. Ek verstaan nie altyd die goed nie, maar ek dink nadat hy vir byna 8 jaar teen allerhande ellendes in sy liggaam geveg het, was die geveg verby. Ek vlieg vanmiddag terug Kaap toe vir die herinneringsdiens moremiddag. Dit is maar deurmekaar, maar ten minstens het my Ma kans gehad om voor te berei. Anders as so baie van my vriende en familie wat te vroeg weggeneem was, dink ek nogal dat dit sy tyd was. Ek kon verlede naweek ook 'n paar uur by hom spandeer in die hospitaal. Ek is okei met alles, maar ek dink nie dat mens ooit oor die weggaan van iemand kom nie. Nie heeltemal nie. Dus gaan die lewe aan vir die van ons wat agterbly. Die video is voorgele aan al die partye, en op hierdie stadium het ons bevestiging gekry dat dit goedgekeur is vir Kyknet, maar nie vir MK nie. Ek is glo te oud. Go figger. Miskien verander ek nog die inskywing later, maar op hierdie stadium is ek redelik verbyster deur die afkeuring van MK as ek soos ek hier sit deur my gedagtes laat gaan watter video's ek die laaste paar weke op MK gesien het. Aag nouja. Ek verander die inskrywing later as ek tot my sinne kom. Ons begin met die nuwe video op die 28e. EK het helaas vergeet van die Inniebos fees, en dan is daar ook nog 'n hele paar van my vriende en kennisse wat ek graag in die video sou wou gebruik wat Londen toe gaan vir 'n ding daar. Dit is nie so erg nie, ons hoef nie die formaat baie aan te pas nie, en die video sal nog steeds sterk wees. Die video is vir "Afrikadag". Dit is een van die sterkste liedjies op die cd, en ek weet dat as die werk wat ons op die video gaan doen uitkom soos ons dit visualiseer het, gaan dit gatte skop. Nouja - laat ek gaan pak vir die vlug. Groete -Gideon-
Die lewe gaan aan vir die wie agterbly
Viewed 1309 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of - Blog -
- Blog -
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
- Drie besige daeposted on Thursday, 17 November 2011 21:07
Dit was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net…
- Dag 14 - Rustigheid en Eksamentydposted on Monday, 14 November 2011 21:18
Sondae is in elk geval rustig, maar gister het ek…
- Day 13 - Great to be home for a Saturdayposted on Sunday, 13 November 2011 23:11
I like Saturdays. They are like the missing day that…
- Dag 12 - Huistoeposted on Saturday, 12 November 2011 20:29
Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...