Sunday, May 20, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Susan verjaar, Steve bedank, die huis word geverf

D it was 'n goeie naweek. Susan verjaar en kiekiesMy Susan het Saterdag verjaar - so op Republiekdag (soos sy maar elke jaar doen). Dit is altyd 'n heerlike storie as ons dit kan verhelp. Ek en Dante het haar Saterdagoggend vroeg wakker gemaak met 'n gesingery, koffie in die bed en haar verjaardaggeskenkie. Ons het vir haar 'n Canon EOS 450D gekoop, en natuurlik was die hele dag plegtig op foto vasgele. Om die kamera in te ry het ons die middag na die leeupark gegaan sodat sy na hartelus foto's kon maak. Sy is 'n natuurlike talent, en al verstaan sy nie die kamera's tegnies nie, is haar komposisie uitstekend. Dit kom sekerlik van die skilderwerk af. Ek het natuurlik ook weer baie foto's geneem hoewel ek soms van die meer absurde hou ( sorry, maar so is ek nou eenmaal). My gunstelingfoto van die dag is die een wat ek van die Kameelperd gekry het. Ek is dol op sy gesigsuitdrukking.   Ook van die foto's waar dieselfde kameelperd - uh... disgusting!!                 StefaansNuus wat ek vanmore in die koerant lees, is dat Steve Hofmeyr besluit het dat dit tyd is om vir eers te stop met blog. Ek kan dink dat dit ontsettend baie tyd neem, en vireers nie so 'n belangrike prioriteit is nie. Ek dink dat as ek in sy situasie was, sou ek dit ook doen.  Van my kant Steve dink ek jy doen reg. Gaan vlieg kaaits en vang vis en ry motorfiets. Braai saam met regte vriende, ontdek weer die vreugde van sing en kreatief wees. Jam weer. Vind jouself van voor af. Aag jel man, jy weet wat ek bedoel dink ek. Doen wat JY wil en wat JY fun vind. Sien jou Vrydagaand by die show. Nuwe Murgmobiel en die Blou HuisDie week neem ek my nuwe amptelike Murgmobiel in ontvangs. Ek het 'n Opel Corsa bakkie gekoop wat vir die afsienbare toekoms as my vervoer vir diverse dinge ingesluit myself sal gebruik. Ougat karretjie, en ek dink ek gaan dit baie geniet. Genoeg plek ook om luidsprekers, kitare en basamp te vervoer soos en waar nodig. Ook natuurlik tuinrommel. Ons begin ook die week die Blou Huis te verander na 'n ander een. Blou is depressing, so ek soek 'n kleur wat meer aards is. Helaas sal ons die naam moet verander na iets meer gepas. Niks grends nie, want aards en grend gaan nie saam nie. Groete uit die Blou Huis -Gideon- 

Gideon van Zyl Written on Monday, 02 June 2008 11:26 by Gideon van Zyl

Viewed 1011 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 34 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za