Dit is egter eksamentyd en eksamentyd in die van Zyl's se huis is nogal 'n komplekse tyd. Ons oudste, David is 'n tweedejaar by TUT se filmskool, en die jongste, Dante, is besig met eksamen skryf. Eksamen is konfliktyd in die huis. Of miskien 'n kompetisie van wil. Ons kleinste is 'n "free spirit" wat net wil speel, maar Ma is mos 'n onderwyseres. So dissipline wanneer dit kom by eksamens is uiteraard een van daai dinge wat toegepas moet word. Ons het Saterdag alreeds Dante se verjaardaggeskenk gekoop. 'n Nuwe fiets. Groot opwinding vir hom. Uiteraard wil hy gaan fietsry, terwyl my Susanna wil dat hy moet leer.
Dit is uiteraard 'n resep vir konflik, en eksamentyd is tyd van verhoogde bloeddruk, kort humeure, en dik bekke. Ek dink ons is teen nou al gemaklik daarmee, maar daar is nog 'n hele paar jaar van die kwartaallikse stres oor. Die groot genade is dat aan die einde van die eksamen, daar 'n vakansie volg :).
Daarom soek ek soms die vrede van my tuin op. Ek hou nie van tuinmaak nie, maar geniet wel die effek wat 'n goeie tuin op my het. 'n Tuin, die see, 'n berg, 'n vlakte, 'n waterval - hulle het almal 'n effek op my waar ek myself tussen al die chaos kan kry. Ek hoef nie ver te gaan nie. Ek stap net by die voordeur uit, en dan is ek by vrede.
Ek het nou twee weke van my diëet oorleef, en sit lekker in my vel. Na 14 dae het ek 5.4 Kg verloor. Ek het een broekgrootte afgegaan.
Goeie begin.
More-aand gaan ek na 'n cd bekendstalling toe, dus sal ek nie kans kry om more-aand 'n blog te doen nie, maar ek sal tog oormore probeer om op te vang met dat 14.
Nouja - tot kyk, liewe vriende.
Groete
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...