Ek vlieg 'n bietjie blind hier, maar ek dink ek die diëet gaan nog goed. Ek hou by my plan. Die dag het in die kader gestaan van wrk, werk, werk. Ek het 'n tegniese probleem ghad waaraan ek moes timmer en uiteindelik het dit goed gekom. Soveel so dat ons nou in 'n beter posisie is in die projek as verlede week. Dit is nogal druktyd, omdat twee van die stelsels môre in produksie ingaan. Ek was veronderstel om vanaand te vlieg huistoe, maar as gevolg van die goed wat in produksie gaan, by ek 'n dag langer. Dit het so gegaan dat ek letterlik nie kan herinner wat ek gistermiddag gedoen het met ete nie. O ja - ek was op pad om vrugte te gaan koop, toe bel iemand my oor iets dringends en is ek terug na my laptop en het toe letterlik eers weer gedink aan eet toe ek op pad was Strand toe.
Strand was nogal 'n plesier. Om 'n punt te bewys ry ek op die oomblik net rond met my G9. Dit si nou die kompakte kamera. Dan neem ek foto's met hom. Die punt is werklik dat foto's nie gemaak word deur die kamera nie, aar deur die fotograaf. Kyk na die volgende foto en kyk of jy saamstem. Weereens - hierdie is met 'n kompakte "mik en druk" geneem. Dit is wel in manual mode geneem en ek het 'n klein bietjie werk in post gedoen, maar hierdie is nie geneem met 'n R 30000 of R 20000 of selfs R 10000 kamera met 'n spul lense nie.

Die plek is prentjiemooi, en ek is nog steeds na al die tyd wat ek daar spandeer het gek oor Strand. dit is 'n fotograaf se droom, en van die mooiste foto's wat ek nog ooit geneem het is langs hierdie stukkie kuslyn geneem..
Ek het toe by my Ma aangekom, en was heerlik verras, want my Tannie Doris was daar sowel as my oorlede sussie, Magda se seun Richard. My Ma, Tannie Pearly en dannie Doris trek die einde van die maand weer terug Gansbaai toe waar hulle my Ma se huis daar gaan deel. Ek is regtig bly daaroor, want daar is 'n lekker gemeenskap in Gansbaai, en my kleinboet, Tamatie woon ook daar, so ek kan my minder bekommer of alles okei gaan met die familie so bymenkaar.
Ek het toe besluit om my Ma uit te vat Spur toe, en ons ht 'n werklik aangename aand gekad. Toe ons begin ry het die reën begin van en dithet gestortreën. Katte en honde en ou tannies met wandelstaffies. Dit was soos 'n Hoëveldse donderstorm wat geval het. Ons het toe al teen die kuspad langs gery tot in Gordondbaai en by die Spur gaan eet. Nou as daar een ding is wat my sommer moeilik maak, is dit al die mense wat neerhalend praat van die Spur - ons het gisteraand werklk lekker geëet. Ons het albei fillet bestel, en ek het mne met 'n tuinslaai bestel. Sterk vir die diëet. My Ma het haarne met 'n gebakte aartappel met suurroom geëet. DIt is vir my verrassend hoe vinnig my stelsel aangepas het by kleiner porsies. Ek het 'n 200 g fillet gehad met slaai, en was werklik vol. Vantevore sou dit 'n 300g rumpsteak met gebakte aartappel, uieringe vat en dan was daar nog plek vir poeding. Ek is nie aanstellerig as ek stel dat die kleiner porsies my werklik nou pas nie, en dat ek nie besig is met hongermarteling nie, maar ontsettend gemaklik is met wat ek nou doen. Miskien is dit maaind over matter, maar ek is lekker knus hier in my eetwêreld.

Toe ons klaar gaan eet get, s ons na my Ma se huis toe en ek het toe eers met Tannie Pearly gaan gesels. Sy het haar arm gebreek, en is nog 'n bietjie ongemaklik, maar ons het lekker gesels tot ek weg is daar so kwart voor tien se kant.
Nou dit was dit vir my vir vanaand - ons gesels weer more.
Groete
-Giden-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...