Ek het my soos gewoonlik besig gehou met die kamera, en het 'n lekker shoot gedoen met 'n nuwe kunstenaar - Gert Koevert - wat al die pad
van Mosselbaai af hiernatoe getrek het. Ek het hom en sy vroutjie ontmoet. Sy hou nog skool in Mosselbaai, en hy bly nou hier bo tot hulle vir haar ook iets hier kan kry. Ek vind hom nogal interessant. As jy jou oe toemaak wanneer hy sing hoor jy Steve Hofmeyr. As jy jou oe oopmaak sien jy 'n talentvolle ou wat al van die lewe beleef het en iets het om te se.
Ons moes ook in September vir baie mense totsiens se. Raapie Knaapie is oorlede toe DJ Ossewa se bussie gerol het. Ek was Sondag by 'n show wat 'n klomp kunstenaars vir die band gehou het en dit het my nogal geraak. Nie net vir my nie, maar almal wat daar was. Dit was 'n roerende manier om totsiens te se vir hom.
Ek het ook van heelwat mense in my netwerk gehoor wat selfmoord gepleeg het. Ek verstaan dit nie, maar het empatie met iemand wat so ver gedryf voel dat hulle bereid is om alles so te eindig. Depressie is 'n swart duiwel op mense se skouers en iemand wat nie aan depressie ly nie sal nooit kan verstaan wat mense deurgaan nie. Die ander kant is dat as iemand selfmoord pleeg, hulle mense agterlaat met groter seer as wat maklik verwerk word. Ek moes deur die afsterwe van my sussie werk en dit was vir my diep trauma - sy het nie
selfmoord gepleeg nie. As ek kyk na familie en geliefdes van die wat agterbly na 'n selfmoord is dit so veel erger. Dan is dit nie net die hartseer van die sterfte wat moet verwerk word nie, maar ook die vrae wat nooit beantwoord kan word nie. Daar is ook vir baie mense die geloofskwessies wat dit oopkrap. 'n Geliefde wat volgens doktrine vir ewig verlore is. Swaar. Ek kan maar net glo en vertrou dat daardie swart duiwel nooit weer my
of een van my geliefdes sal raak nie.
Nouja dit is tot hiertoe vir my vir vandag en hopelik sal julle nie moet vir 'n hele maand moet wag vir my om weer iets te gesels nie.
Groete
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...