Die volgende paar weke is erg vol beplan. Ons berei voor vir 'n gig op die aand van die 7e by Heidelberg pub, en dan het ek nog goed tussendeur soos visa's (ek vlieg Sondag Rome toe vir 'n week), finansies wat altyd te klein is vir my ambisie, 'n “bewys van waarde” (Proof of Value) by 'n kant, foto's wat nog klaar ge-edit moet word vir klante, die album wat moet klaargemaak word, verkeer, verkeer, verkeer, die Rome toe gaan ding self (waarvoor ek ook weer moet voorberei) en dan nog die verwerking van sommige van die nagevolge van KKNK. Ek wou nog vertel hety vban KKNK, maar ek dink die geleentheid is soort van verby omdat soi baie tyd al verby gegaan het.
Laat ek dit tog net in bree trekke vertel.
KKNK was fenominaal. Ek en Jannie en Deon het met die bakkie en toerusting afgery op die 31e, en het gaan bly by Stef Kruger en Twana Roets. Ek kan dit net eenvoudig stel dat hulle van die dierbaarste mense is wat ek in 'n lang tyd ontmoet het, en hulle het ons soos ou vriende behandel van dag een af. Ons het agter in die tuin kampeer end ie eerste aand eers oorgeslaap by hulle. Daar was heelwat bekendes wat gekom en gegaan het, maar ons praat nie regtig oor hulle nie, behalwe dat ek regtig bly was om 'n kans te kry om met Pieter Smith te kuier. Smaart laaitie daai, en wanneer ons ookal bymekaar kom is dit lang geselse. Ek het ook baie foto's geneem in die tyd en deur die tyd 'n paar van my kreatiewe rolmodelle beter leer ken. Ons het ook nuwe vreinde gemaak, en ou vriende weer gesien.
Vir Murg was dit 7 gigs in die 8 dae van KKNK en ons het ook saam met Johnny Late gewerk op 5 gigs. Dit was regtig lekker om met iemand anders se oorspronklike materiaal te werk, en ek se dit nie net omdat Johnny ons kitaarspeler en goeie vriend is nie, maar hy gaan nog diep spore trap in Afrikaanse musiek – beide as liedjieskrywer en as kitaarspeler. Merk dit erens as 'n belangrike nota.
Ons het ook kans gekry om Deon Labuschagne beter te leer ken en hy kook as persoon en as drommer. Die band is nou volledig en hang nou bymekaar. Murg het 'n merk gemaak by KKNK en sal nog aanhou om 'n merk te maak in Afrikaanse musiek. Ek klink miskien windgat, maar merk dit maar ook in 'n nota.
Ondertussen gaan dinge weer aan. Ons het Vrydagaand 'n lekker gig gespeel by O'Hagans in Centurion en Donderdagaand is ek genooi om gas judge te wees by 'n sangkompetisie in die Oos-Rand. Ek dink ook al weer meer aan Rewolusie.com, en sal moet spykers met koppe slaan om dit rewolusie weer aan te blaas. Ek sal egter wel wag tot die finale meng van Naak klaar is. Wanneer dit gaan wees kan ek nie weet nie. Dit moet net gou word – dit het al geglip van einde Februarie af. Nou is ons drie maande later en ons is nog nie klaar nie. Ek beplan al die volgende projek...
Nouja – dit is dit vir my vir vandag. Kyk maar die kiekies uit wanneer julle kans kry.
Groete
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...