Waarom ek dit haat om te vlieg
Nou vir die van julle wat nie weet nie - ek hou niks van vlieg nie. Dit is nie omdat ek bang is vir vlieg nie, maar eenvoudig omdat vlieg ongerieflik en aaklig is.
Dit begin al by die voorbereiding - visa reel, verblyf reel, vliegtuigkaartjie reel. Toue staan, toue staan en toue staan. Deel met burokrasie, deel met mense wat nie verstaan dat 'n proses veronderstel is om iets beter te laat werk - nie veronderstel is om te keer dat iets gebeur nie.
Dan die pakkery - wat gaan saam, wat gaan nie saam nie, en dan aan die ander kant - wat het jy vergeet. Dan ry jy lughawe toe - 'n drama met spietkos van Erkhoerlenet Mislikepaliteit wat nek skiet en op ego trips gaan. Dan moet jy incheck, met jou bagasie en dan deur die paspoortbeheer, sekuriteit tot jy uiteindelik in dutyfree is - vir 'n paar uur. Daar loop jy van winkel tot winkel en verbaas jouself dat alles in "belastingvry" twee keer so duur is soos alles buite in die belasting betalende gedeelte van die land. Dan weer in toue staan vir op die vliegtuig klim net om te ondek dat die persoon langs jou nie glo om sy tande te borsel of deodorant te gebruik nie en dan sit jy daar vas vir 'n werksdag lank en moetluister waarom hy so depressief is. Ek kan nie slaap op vliegtuie nie, so dit is selfs nie 'n uitweg om te vlug in slaap in nie. Dan kom jy aan die ander kant en dit is weer sekuriteit, paspoortbeheer, bagasie kry, doeane, en uiteindelik dink jy jy is vry en moet dan 'n taksie of 'n bus of watookal kry om by jou hotel uit te kom en dan uiteindelik kan jy in die hotelkamer probeer opvang met jou slaap.
Wanner jy huistoe gaan is dit dieselfde ou storie.
Nee - ek hou nie van vlieg nie
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...