Gepraat van verbode - David het verlede jaar onder die Murg produksies vaandel 'n video vir Sunette Bridges gemaak wat saamgestel is uit uittreksels van bekendstelling van haar nuwe album. Die video is 'n promosie vir haar nuwe show wat binnekort op die pad gaan en die land vol gaan toer. Nou het Sunette by DKNT gaan kuier vir 'n onderhoud, maar klaarblyklik vind hulle die video 'n bietjie swaar vir die gemiddelde gesin. Nou, ek het die video bestudeer (ok - die rou uittreksels wat by die bekendstelliung geneem is ook), en ek kan heeltemal nie sien waaroor dit gaan nie. Dit is inmiddels baie minder suggestief as die video wat ek eerder die week gesien het van Lady Gaga en ook wel heelwat meer gesinsvriendelik as byvoorbeeld 'n Brittany Spears wat Madonna se longe uitsuig. Daar kan miskien iets gese word van ons editingtegniek, maar wraggieswaar - eksplisiet?
Gaan kyk asseblief vir my na die video en se vir my wat julle van dink.





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...