Ons was aanvanklik veronderstel om twee-uur die middag op te tree, maar Johhny Late sou... wel laat wees, omdat hy eers vir Cameron Bruce van Idols faam in Gold Reef City opgetree het. Dus he tons gereel dat on seers kwart oor vyf sou optree. Ons het so ‘n bietjie vroeer deurgery omdat ek die idée gehad het dat ‘n winkelsentrum darem kan toelaat dat ons van ons Kersinkope kan doen. Helaas was die sentrum meer akkuraat ‘n sentrumpie. Jammer genoeg, want Susan en die kinders het saamgekom en natuurlik was daar nie veel kans van kleinhandelterapie nie. Ons het so half 3 aangekom byd ie venue, en hoewel dit nie baie besig was nie, was daar wel ‘n lekker atmosfeer. Voor ons was Armand Hofmeyr, Raymond Ray, Hansie Slim en Gerdt Roetz op.
Teen die einde van Hansie Slim se set begin die wolke dreigend lyk, en toe gerdt klaar was met sy set het ek begin bekommerd raak dat ons dalk reen gaan kry. Terwyl ons opstel het die wind begin waai en die volgende oomblik tel die wind ‘n gazebo op en die ding peil reg op ons verhogie af. Ek probeer nog eenkant toe koes, maar die een poot van die gazebo het my skrams teen die wang getref. ‘n Bietjie deurmekaar maar ek was net bekommerd dat my kitaar beskadig is. Soos met sulke dinge gebeur, het dei skok my eers ‘n bietjie later getref. Die mense het die dwalende gazebo weggevat en opgevou en nada tons die klanktoets klaar gedoen het, he tons begin speel. Teen die tyd het dit liggies begin reen en die gehoor het onder die afdak aan weerskante van ons ingeduik. Teend ei einde van die derde song het dit begin giet en die klankstelsel is afgesit en in die gebou ingevat.
Ondertussen het die volgende band wat sou optree – Klopjag – ook opgedaag, maar na ‘n beraadslaging is daar besluit dat die hele gig gekanselleer moet word. Ek is in die aanval deur die gazebo my bril kwyt en moes deur gietende reen, sonder my bril my pad huistoe probeer kry.
Die hele storie het miskien ‘n nadraai wat ek eers wil goed uitkyk, maar ek wil nie meer daaroor se voor ek bevestiging daarvan het nie.
Sondag het ek en my familie saam met vriende spandeer. Interessante gesprekke. Interessante mense. Ons is eers Sondagaand half tien daar weg, maar dit was die moeite werd. Om net een middag letterlik te kon sit en niks hoef te doen behalwe kuier by vriende nie. Lekker.
Vandag is my gesig en rug is nog seer, en ek het ‘n skaafmerk en blou kol op my wang, maar ek is voel nog steeds goed. Die goeie nuus is dat hulle my bril gekry het. Dankie tog anders was dit nog ‘n groot skade.
Die res van die week lyk goed. Rustig maar goed. Al piek in my week is date k Donderdag na die Nederlandse Ambassade moet gaan vir ‘n visum vir Januarie wanneer ek ‘n week lank Amsterdam toe wil gaan. Helaas nie vakansie nie, maar werk.
Groete
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...