Wanneer voel ek gatvol? Wanneer iemand my stelselmatig na ‘n plek toe vat waar ek nie wil wees nie. Wanneer ek voel dat ek nie meer opsies het nie. Wanneer ek voel dat ek op een of ander manier by ‘n plek is waar ek dinge teen my wil doen. Wanneer ek voel dat die moeite wat ek doen verniet is. Wanneer ek miskien voel date k nie waardeer word vir wat ek wel doen nie. Soos almal. Ek besef dat sommige mense vir jare van hul lewe by so ‘n plek vasgevang is, en dit maar net opvreet, en aanhou opvreet. Ek is nie so nie.
Nou voor een van julle ‘n Eureka oomblik uitroep en se dat dit is omdat ek in Suid-Afrika terug is dat ek by so ‘n plek staan – Suid-Afrika het niks daarmee te make nie. Ek het by tye so gevoel in Nederland, Saoedi en Dubai. Hier het ek baie meer opsies om verandering te bring. Dit het met my te make. Noem dit maar ‘n weerstand teen outoriteit. Noem dit maar ‘n weersin in manipulasie. Noem dit maar ‘n bebliksemde geen wat ek geerf het. Miskien ‘n bietjie van Tourettes sindroom wat die bebliksemdgeid in die van Zyl uitbring. Miskien dieselfde geen wat die Boer aan die hele Britse Koningkryk middelvinger in die lug laat wys het en hul vryheid laat verdedig het tot aan die bitter einde. So voel ek om my eie emosionele en kreatiewe spasie te verdedig.
Ek sal my nie laat boelie nie, en van hier af moet die boelies oppas. Ek het my Mauser en ek skiet op sig.
Het ek ‘n plan? Ja – ek het baie planne. Maar ek dink eers moet ek daai vakansie beplan...
Groete
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...