E
k is vanaand by ‘n plek waar ek gehoop het ek nooit sal uitkom nie. Ek is gevra om een van my bloginskrywings te sensureer, en en het besluit om dit tog te doen ter wille van vriendskappe en omdat my ma my goed grootgemaak het.Ek hoop dat in die toekoms my inskrywings nie as persoonlike aanvalle gesien sal word nie, maar ‘n poging om opbouende en gebalanseerde kritiek te lewer. Enigiemand wat my blog volg sal ‘n redelike goeie insig he in my psige en die feit dat ek gesteld is daarop om balans te bring eerder as sensasie. Hierdie blog het gestaagd gegroei juis omdat ek onkompromiserend eerlik is en selfs meer analities en krities na myself kyk as na ander om my. Waar ek ‘n opinie het, stel ek duidelik dat dit my opinie is, soos ek ook in die geval van die spesifieke berig gedoen het.Die episode het jammer genoeg my vrou, Susan sodanig ontstel dat sy gevra dat ek haar huistoe moes neem van die funksie waar ons was. Sy ken my en weet wat my motiewe is.Ek het verdere introspeksie om te doen oor die situasie omdat dit potensieel impak op ander om my het en ook op die aard van my betrokkenheid in die musiekindustrie.





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...