Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Vlug Vertragings, Sunette Bridges, Totsiens Willie

E Ek skryf die blog uit die Sportscafe in Kaapstad Internasionale lughawe vir julle. Ek het besluit dat ek nie die belaglike duur vlug uit Kaapstad gaan vat wat 8-uur sou vlieg nie, en die goedkoper een geneem wat eers half 12 sou land in Johannesburg. Die net resultaat is dat die vlug nou eers bestem is net voor middernag te vlieg en dan so teen 2-uur in Jozie gaan land. Dus tyd om op te vang by die lewe.

 

Verlede Vrydagaand het ek Saam met Johnny Late gespeel by die LiedjieboerSunette in 'n rustiger stemming. In die proses het ek die hooggeagde Henry Steel ontmoet en ook hoor kitaar speel. Die agting is welverdiend. Ek en David het oopgemaak met Jannie wat saamgespeel het op kitaar, en daarna het Jannie en Henry gespeel. Wow! Dit was so lekker.


Maandagaand was ons by Sunette Bridges se album bekendstelling, en dit was regtig goed . Dit was 'n bietjie Cabaret meets Vegas, en ek het die koreografie en beligting vreeslik geniet. Sunette kan sing, en is nie net 'n bekend oor haar pa nie. Ek het nie gedink dat al die liedjies gewerk het saam met haar stem nie (veral Andante Andante van Abba), maar mens kan sien sy het baie hard gewerk aan die show, en sy verdien alle suksesse wat sy daaruit kan bereik. As jy hier lees, Sunette – dit was regtig cool, en ek bewonder wat jySunette Bridges reggekry het.


Die res van die week was doller as dol. Dinsdagaand het ons band geoefen en ek moes Woensdagaand se gig afbel omdat ek 'n demo moes reghe vir Donderdagoggend in Kaapstad. Dit was van een paniekstasie na die volgende, en ek moes Donderdagoggend 4-uur opstaan om 6-uur te vlieg. Die demo was gelukkig nie so nodig nie, en ek het gisteraand gewerk aan die demo vir vanmore. Al my werk was egter verniet en die demo was 'n flop. Miskien moes ek nog twee uur langer probeer wakker bly het om die t's te kruis en die kolletjies op die i's te sit, maar ek was eenvoudig te moeg. Mens kan net jouself so ver dryf en dan hou dit op.


Vanmore het ek gehoor det Willie Groenewald oorlede is. Vriendin Rea “met 'n e” le Roux het my vroeer die week laat weet dat hy ernstig in die hospitaal le na 'n ongeluk. Ek is diep geskok. Ek het Willie net geken van Facebook, en het met hom 'n paar gesprekke gehad oor verskeie sake, maar hy het vir my oorgekom as 'n diep gelowige, entoesiastiese jongman wat die persoon gehad het waarmee ons kan doen in die industrie. Ek glo ht het nou vrede, en daar is duisende mense wie se lewens deur hom geraak is, wat saam met my sy lewe sal vier. Tot kyk.


Nouja, ek skat dit is vinnig maar effektief.


Tot Kyk



-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Friday, 23 October 2009 21:39 by Gideon van Zyl

Viewed 1356 times so far.

Rate this article

(5 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 17 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za