Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Die filosofie van Idees

W at kan mens se oor idees en hoe idees in geleenthede verander? Ek weet dat ek die afgelope 25 jaar baie ander mense sien ryk word het uit idees wat ek gehad het. Dit is nogal erg wanneer iemand met sy nuwe BMW 7-reeks verby ry op pad na sy 10 miljoen Rand huis en jy weet verseker dat ek dit was met ‘n idee wat ek uitgedink het. Miskien is my grootste problem dat ek ‘n idee het en dan deel ek dit met ander mense as ‘n goeie idee. In goeder trou. Ek dink nie ek sal ophou om dit te doen nie, maar ek sal net een keer die voordeel wil trek uit ‘n goeie idee wat ek het. Ek sal graag net vir ‘n keer nie in die oë van iemand anders wil kyk vir my salaris nie, maar self die inkomste wil sien inkom tot by die punt wat ek nie hoef te stress oor waarmee ek die volgende projek gaan aanpak nie. Ek sal graag wil sien hoe ek iemand in staat stel om miljoene Rande inkomste te genereer en dan op ‘n redelike manier wil kan deel in daai miljoene sonder om te pleit daarvoor. So hier is dit nou. Ek het vier planne op die tafel. Twee idees waarmee David opgekom het en twee waarmee ek opgekom het. Enige en al vier van daardie planne kan ons in miljoenêrs verander.

 

Dus gaan deel ek een van die idees met vier verskillende mense. Ek toets die idees en gaan doen die tegniese huiswerk om dit moontlik te maak. My plan is goed. Die eerste person praat baie, en uiteindelik wanneer dit kom by die pen en papier, verdwyn die person. Die tweede person deel ek die idee mee omdat ek dink dat die person dit sal kry en miskien kan help om die idee te ontwikkel. Goeie plan, geen bybedoelings. Die derde persoon sien die moontlikheid van die idee, en is eintlik baie opgewonde. Hy sal kyk na moontlike idees vir befondsing van die konsep, en miskien kom iets daaruit. Die vierde persoon maak my sinne klaar wanneer ek die idee verduidelik en dit is duidelik dat dit nie net my idee is nie, maar iets waaroor daar ‘n gedeelde passie is. Daar is klaar ‘n week later ‘n moontlike belegger op die tafel, die besigheidsplannetjie wat ek opgetrek het is al reeds bestudeer en kommentaar op ontwikkel.

Daar is verskeie punte wat ek wil maak.

1. Goeie idees is soos ‘n blomme – jy moet dit ‘n bietjie lig en lug gee vir dit om te ontwikkel

2. Dit is nie te se dat omdat mense goeie idees steel, jy nie moet aanhou om idees te ontwikkel en met mense te deel nie.

3. Elke persoon met wie jy praat gaan nie die konsep tot sy reg laat kom nie. Daar is baie mense wat praat, maar min mense wat die bronne en motivering het om iemand met idees te help

4. Uiteindelik kom mens uit by iemand uit wat wat jy se verstaan en ook die wil en motivering het om te help.

5. As iemand jou idees steel is dit nie die einde van die wereld nie. Dit gee jou die kans om aan ander nuwe idees te werk.

As iemand met wie ek die idee gedeel het dit gebruik vir hule eie gewin, gaan ek nie my polse afkou nie – ek het nog baie waar daardie vandaan kom. Miskien is dit belangriker om aan die verbeelding te werk waar goeie idees uitkom eerder as om te mor oor dit wat ander mense benut het. As ek die kanse kon benut, was dit my kanse wat besigheid geword het en uiteindelik vir my iets beteken het. Intelligensie en kreatiwiteit is ‘n bodemlose put waaruit nuwe idees voortspring... as jy aanhou om dit te gebruik. As ek ophou om dit te ontwikkel omdat ek elke keer bang is dat iemand aanders daaruit voordeel gaan put, maak ek die kreatiwiteit saam met die idee dood.

So gaan my idee waarmee ek besig is van my ‘n ryk, suksesvolle persoon maak? Miskien, miskien nie. Soms is dit in my hande en soms nie. Sorry – ek gaan nie kla daaroor nie, want more skyn die son en kan ek miskien daai vennote kry wat dit maak werk... of nie. Dan bou ek weer die volgende idee wat ek kan lewe inblaas... of nie.

Gaan ek ooit weer igeloop word omdat ek idees wat ehet met ander mense deel? Verseker, maar dit is okei. Hulle moet met hulself saamlewe. Ek het nog baie waar die vandaan kom.

 

Tot Kyk

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Sunday, 18 October 2009 21:17 by Gideon van Zyl

Viewed 1179 times so far.
Tagged underidees

Rate this article

(4 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Da Mario   |Y-m-d H:i:s
Nou maar voorspoed en alles van die beste met daai idee! Hoop die dude met die 7-reeks BMW kry 'n pap wiel!! Hehehehe....
Gideon  - Pap Wiel   |Y-m-d H:i:s
Dankie vir die goeie wense da Mario. Tot my spyt moet ek erken ek het die ouens met die BMW 7-reekse al erger dinge as net pap wiele toegewens.

-Gideon-
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 20 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za