Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Chris de Burgh Tribute show, Aardklop

N og ‘n week   het verbygevlieg. ‘n Lekker week – emestal omdat ek op verlof was, maar ook omdat ek goed besig was. Ons het die eerste Chris de Burgh show gedoen, lekker gekuier by die huis met Ouma wat by ons was, en Aardklop toe gegaan. Aardklop was vol met baie foto’s wat ek geneem het, en ‘n hele paar kunstenaars wat ons die eerste keer live gesien het. Daar was baie hoogtepunte, maar die beste vir my was om Johnny Late se eerste Country show te sien.

 

Chris de Burgh Tribute

Woensdagaand het ons die Chris de Burgh tribute toe gedoen vir die eerste keer. Ek dink die ding werk nogal. Behalwe vir die ander gaste wat daar was, het ‘n paar ou vriende ook kom saamkuier. Onder andJohnny Late Bandere my buurman - ou Zakkie Bloubul, my Webmeister Harvey, van my Faceboek vriende, die regulars by die Liedjieboer, en dan natuurlik ‘n groep mense wat ek van geen sout of water ken nie.  Ek het byna drie dae se voorbereiding gedoen vir Woensdagaand. Ek moes seker maak dat ek die liedjies goed genoeg ken om te sing, ek moes die akkoorde uitwerk, met David sit oor die harmonie, en uiteindelik oefen, oefen en oefen. Die troos is dat dit volgende keer makliker sal gaan. Ek het twee sets gedoen. Die eerste set van so 18 liedjies was alles Chris de Burgh, en die tweede set was soos ‘n normale gig by Liedjieboer – ‘n mengsel van my eie goed en ‘n paar versoeke van die gehoor.

Alles gesien, was dit ‘n lekker en suksesvolle aand.

Aardklop

Saterdag het ons weer Aardklop gaan doen. Soos verlede jaar was dit weereens lekker. David, Jacques en JanEk en David het vroeg Saterdagoggend gery en was so teen half tien op die feesterrein. Ons het ‘n vinnige draai geloop en uiteindelik ontbyt gaan eet by ‘n plekkie naby die Rapport tent. Ons het vir Jannie gebel en gehoor of hy al op was, en hy het gereken dat hy ‘n bietjie later by ons sou wees. So teen 11-uur was almal van ons uiteindelik in die omgewing en ons het saam met Jacques (Sutton – ons keyboard speler) en Jan (wat ook met die video maak besigheid betrokke is) iets kouds gaan haal by ‘n pub buite die feesterrein. Jan, Jannie, David en Jacques het erens stiller heen gegaan om die skiet van die footage te gaan bespreek en ek het maar rustig sit en foto’s neem en my verkyk aan die mense. Terwyl ek sit en wag het vir hulle het ek ‘n paar Johnny se Gurlzoproepe gemaak, maar al my pelle wat by Aardklop was, het ‘n lae profiel probeer handhaaf omdat hulle nie die heel tyd deur feesgangers gepla wil word nie. Ek kan seker maar dankbaar wees date k nie ‘n bekende person is nie. Die enigste mense wat my heel dag herken het is ander musikante en een of twee wat ek al by shows gesien het. Daar is in elk geval ‘n goeie kant daaraan om liewers vir die 10% wat van musiek hou musiek te maak J. Miskien probeer my pelle my net vermy. Ek sal dalk iets moet doen aan my haarstyl want ek is seker Liza Brönnerek het die oggend deodorant gebruik ;). Ernstig – ek gaan myself nie daaroor verknies nie. EK het nie veel om ander mense te bied nie – ek is nie famous nie, ek is nie ryk nie, en daar is niks wat iemand daaruit kan kry om vriende met my te wees nie. As hulle my vriende wil wees ten spyte daarvan, is dit cool.

Teen 12-uur het die musiek begin afskop. Ons het maar meestal by die ATKV verhoog uitgehang. Dit is gratis, en daar was ‘n paar interessante acts waarna ek wou kyk. Die eerste een wat Nelda Janse van Vuuren. Ek het haar al raakgeloop by verlede jaar se VAMT toekennings, maar dit was ook maar net so ‘n “dit is Nelda” ding, maar ek het haar nog nooit hoor sing nie. Ek het ook opgemerk dat sy ‘n nuwe cd uitgebring het en dart is Neldamet groot lof oor haar talente gepraat. My seining na haar een set is dat sy nie net ‘n gesiggie is nie, maar kan sing. Groot stem, groot persoonlikheid. Ek dink sy gaan nog goed doen in die bedryf. Ek dink sy het genoeg attitude om sort van ‘n pop-rockchick ding te doen. Sy is helaas nie hardcore genoeg om heeltemal in die rockchick ding in te pas nie. Nou is al wat sy kort ‘n mean-ass band en ‘n paar goeie Afrikaanse rock songs wat by haar stem sal pas. Ek het nie veel negatiewe kommentaar nie, behalwe date k dei idée gekry het dat haar stem ‘n bietjie moeg begin klink het na ‘n halfuur op die verhoog. Ek Ghapineem haar nie regtig kwalik nie, want selfs ek kan nie aanhou om die een belter na die ander te sing sonder dat dit my begin kou nie.

 

Die volgende op was die Tuindwergies. Ek het al vir Jean en Emile Swiegers saam met hul Pa – André – sien optree, en ook vir Emie by ‘n charity event gesien waar Murg opgetree het, maar dit is die eerste keer wat ek die hele band sien – hulle het baie goed gedoen en het ‘n lekker gevolg gehad wat daar was om te luister na hulle. Goeie Afrikaanse folk/rock musiek.

Steyn FourieToe ek die nuus gekry het dat Liza Brönner ‘n kontrak losgeslaan het by EMI was ek nogal verras. Ek weet dat Andries wat haar produksie hanteer het nogal nou bande met EMI het (onder andere deur sy werk met Steve Hofmeyr), maar ek het al die idée begin kry dat EMI nie regtig daarin belang stel om nuwe kunstenaars op te sing nie. Nie jong onbekendes wat aan ‘n eerste produksie werk nie. Sy moet nogal spesiaal wees om dit reg te kry. Ek was nie heeltemal teleurgesteld nie. Sy het die looks, sy is jonk, sy kan sing en wat ek gehoor het van die produksie is dit ‘n goeie stuk werk wat Andries aanmekaar gesit het. Sy het ook die stukkie wat gaan oor oogkontak met die gehoor baie goed uitgewerk. Sukses met waarmee jy besig is, Liza. Ek is oortuig ons gaan nog lank van jou hoor en jou op baie verhoë sien deur die jare wat voorlê.

Dan natuurlik my ou vriend en kollega – Johnny Late. Johnny is natuurlik ons eie Jannie Lategaan wat lead kitaar speel vir Murg. Hy het ‘n lekker country show opgesit op die ATKV verhoog – dansende cowgirls, vol band, viool, konsertina – de lot. My kollegas van Murg het grootliks bygedra tot die poging. Andrew het bas gespeel, Jacques en David het video footage opgeneem en ek het... wel ... foto’s geneem J. Na die Country show is ons saam met Jannie... Johnny... na Pablo’s waar hy nog ‘n show opgesit het. Die keer blues en sommer net lekker entertainment. Go Jannie!!

 Dan was daar natuurlik Ghapi Botha en Steyn Fourie se show. Twee van die land se beste vocalists op een v erhoog, groot kitare, groot dromme, 'n lekker gehoor - Uitstekend. Ek wil ni emeer se nie ingeval ek van oordadige byvoeglike naamwoorde beskuldig word. Net - DIT WAS GREAT!!

Ek en David het so teen tienuur uit Potch vertrek en was middernag weer terug in Kempton.

 

Die Tuin Dwergies

Sondag het ons laat opgestaan en toe vir Ouma geneem na haar vriending Theresa toe. Sy kom weer die week voor die 18e terug. DIt is so ‘n groot voorreg om my Ma nog in die lewe en by ons te kan he.

Gisteraand (Maandagaand) was weer ‘n ander aand. Ons het band oefening gehad, maar Shannon kon dit nie maak nie, toe skryf ons sommer almal saam ‘n nuwe song. Hier kom ‘n ding!!!

 

Tot Kyk

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 06 October 2009 18:01 by Gideon van Zyl

Viewed 2065 times so far.

Rate this article

(4 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 18 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za