Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Naak ge-ESKOM, nuwe Bestuurder, Optredes, Nuwe Baba

D ie laaste week of so sedert ek geblog het was interessant. Mens kom by tye in jou lewe wat jy voel dat jy wil halt roep en net ‘n bietjie diep wil asemhaal. DIt is ‘n bietjie hoe ek voel op die oomblik. Nogtans was die laaste tyd baie interessant en ook baie voordelig op verskeie maniere. Ek het ‘n baie belangrike besluit gemaak oor sekere dinge wat rigting aanbetref vir my musiekloopbaan. Een van die eerst eis dat ek na die nodige refleksie besluit het wie ek wil aanstel as my bestuurder. Ek verkies om nie details te bespreek tot ons alles finaliseer het nie. Dit is rede vir my stilte van die afgelope week – ek het gehoop om alles op papier te he teen nou. Wat ek wel kan se is dat dit nie iemand uit die musiekindustrie is nie. Daar is ‘n eenvoudige rede daarvoor naamlik dat ek nie op soek is na kontakte nie, maar na iemand wat vir my sal baklei wanneer dit nodig is, en nie geswaai gaan word deur vorige alliansies nie. Dit voel reg – ons sal sien hoe dit uitwerk, maar ek is baie optimisties. ‘n Tweede belangrike besluit wat ek gemaak het, is dat die nuwe cd nie ‘n solo cd gaan wees nie, maar die debuut cd vir Murg. Dit was net eenvooudig ‘n volgende stap in ‘n roete wat al ‘n entjie kom. Elkeen van die professionele musikante wat op die projek sou gewerk het het as gevolg van ander verpligtinge onttrek, en uiteindelik het ons met ‘n kern van musikante oorgebly wat effektief die lede van Murg is. Die idée om ook klavier en jazz orrel in te sit, maak dit die volledige band van Murg. Dus – die ideale geleentheid om ‘n Murg produksie te doen.

 

My TuinVerlede Saterdag het ek dan weer by Riku en Dorette deurgebring op die plaas. Die bedoeling Arum - Varkoorwas om die dromme vir die nuwe cd op te neem en dus is ek en Shannon vroeg op Saterdagoggend hier weg met die bakkie en ‘n sleepwa met twee dromstelle in om te gaan opneem. Helaas is ons toe so ‘n bietji egekortwiek deur ons geliefde kragvoorsieningsmaatskappy. Met komplimente van ESKOM was die krag af van so half tien die oggend tot half ses die aand. Ons het die beste van die dag gemaak en op die stoep gesit en jam, ‘n bietjie krieket gespeel en sommer maar net oor die algemeen musiek en nonsense gepraat. Ons het die aand darem so drie liedjies gedoen gekry, maar ons gaan die 10e Oktober weer terug om verder te werk aan die produksie. Ek het ‘n nuwe liedjie wat ek ook oorweeg om op ne neem op die cd, en ek dink hy gaan die “sweet spot” van die algemene Afrikaanse mark kan tref. As ons uitendelik net genoeg promosie kan maak vir die projek. Ons begin al reeds die bemarking beplan en ook werk aan ‘n strategie om Murg die middelpunt van die mark te maak. Dit is tyd dat goeie musiek weer die Afrikaanse mark begin terugvat. Ek hoop dat Murg ‘n deel daarvan kan wees.

Die res van die week was maar gemiddeld tot matig. Ons het kwartaaleinde by die werk en met die mark so moeilik is soos dit op die oomblik is, bring dit baie spanning mee vir my en my kollega’s.  Woensdagaand het ons by die Liedjieboer gespeel en vrydagaand weer. Vrydagaand was spesiaal. Ons was een van drie bands wat by die liedjieboer gespeel het, en eerlik gesproke was dit vir my een van die lekkerste gig swat ek in ‘n lang tyd gedoen het. Liedjieboer was nie te vol nie, en oof nie te leeg nie. Die mense het deelgeneem aan die musiek en het hulself geniet. Daar is niks so lekker vir ‘n band soos wanneer daar interaksie is nie. Ons het kans gehad om die nuwe song te doen wat ek geskryf het en net twee woorde – dit werk.

Volgende Woensdagaand beplan ons ‘n proeflopie van die Chris de Burgh show waaraan ek al geruime tyd dink. Tot dan het ons nog heelwat repetisies om in te pas, en nog baie werk. Ons beplan dit eenvoudig – David en ek op vox en dan net akoestiese kitaar by. Dit is soos Chrs de Burgh destyds begin toer het, so daar is geen rede waarom ons nie die eerste episodes van die show so kan begin nie. Eh hoop om julle by die Liedjieboer te sien op die 30e September vir die eerst eepisode – intiem, akoesties en julle is welkom om saam te sing op die goed wat julle ken.

'n Ander ding wat gebeur het in die van Zyl huis is dat ons 'n nuwe baba'tjie bygekry het. Dit is nogal kompleksWhiskey die Lemoenduif. Ons het onlangs besluit om Lucy (ons Jack Russel)in die huis te laat bly. Dit gaan gedeetelik oor sekuriteit, en gedeeltelik dat Chaina (ons Husky) haar so domineer dat sy nie regtig meer tot reg kom nie. Nou is Shaina natuurlik verveeld, en sy het besluit dat sy as deel van haar persoonlike vermaak-program al wat 'n voel is ind ie tuin gaan vang. In een dag het sy 'n Indian Minah, 'n Hadida en 'n Lemoenduifie in die slag gebly. Die duifie het gebroei in ons agtertuin en die arme klein baba wees gelaat. Susan het haar onferm oor die baba en die klein dingetjie word nou gevoer met Pro Nutro. Vyf dae later en die duifie gaan van krag tot krag. Die voerdery is 'n spanpoging en die ou dingetjie is te ougat. Gister het ons voor gebraai en die duifie kans gegee om op die gras rond te loop. Sy het dit regtig geniet!!. 

 

Tot Kyk

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Sunday, 27 September 2009 12:28 by Gideon van Zyl

Viewed 1118 times so far.

Rate this article

(4 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 17 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za