Interessante mense met wie ek kans gehad het om te gesels, is natuurlik Ralph, my ou vriend en webmeester Harvey en sy vroutjie Christelle, Rilette Meyer – vryskut joernaliste wat ook die eerste artikel oor my geskryf het vir die Manwees, my our vriendin en media-verteenwoordiger Lydia Winchester, Pieter Smith en Jakkie Louw (onverklaarbaar albei by een tafel met tweeling susters), die jong en talentvolle Liza Brönner met
Belinda as haar chaperone, Riaan Grobler, MD Greyling met die lieflike Denise by hom asook die twee oorspronklike lede van Hansie Slim – Hansie Calitz en Fabian Gambale. Verder was die Glitterati stel daar met me. Fish, en Gavin Prins daar om die lostong-wereld te verteenwoordig. Daar was eintlik te veel interessantes om op te noem en met my wat nog steeds halfbewus is van die ins en outs van die glanswereld van die beroemdes en berugtes moet ek maar net om verskoning vra aan almal wat ek nie herken het of nie genoem het nie.
Terug by die doel van die aand - ek dink dat Kobie van Vonk Musiek nog ‘n wenner hier beet het. Die profiel van sy besigheid is besig om gestaagd te groei en dit lyk of hy al meer traksie in die industrie begin kry met van sy konsepte en die musikante wat hy kies om mee te werk. Die Vonk toekennings is besig om te groei na die premier toekenningsgeleentheid in die land en hy is besig om steeds groter suksesse te bereik met byvoorbeeld Gerhard Steyn wat nou al bo aan die DKNT lysie geland het. DIt is ‘n goeie voorbeeld van hoe iemand nog steeds goeie besigheid kan doen ten spyte van die trae mark.
Ek en Susan is vroegerig weg, maar ek het darem kans gehad om almal te groet voor ons geloop het,
maar toe ek by die huis kom het ek nog eers foto’s sit en uitsorteer. Ale fotograwe se las in die lewe.
Woensdagaand is ek weer by die Liedjieboer saam met David, en dan is ons Saterdag weer in die studio op die plaas – die keer met die dromme saam met Shannon. Opwindende tye!
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...