Donderdagaande is gewoonlik stil aande vir my. Stil omdat Vrydagaande en Saterdagaande maar meestel die aande is waarop ons gigs aan het. Een keer ‘n kwartaal neem ons egetr deel aan ‘n inisiatief wat Hennie van Liedjieboer aan die gang gesit het om van die groter name in die musiekindustrie in te kry om vir ons op te tree. So kan ons bekostig om die mense by ons gunsteling venue te sien en Hennie hoef nie die risiko te dra om al die geld alleen vir die mense uit te haal nie. Dus is dit ‘n wen-wen situasie. Ons het ‘n vier sitplek tafel wat ons naam ophet en ons plekkie is verseker maak nie saak hoeveel kaartjies verkoop nie.
So het ons toe Donderdagaand opgedaag en eerste op die spyskaart was Blackie. Nou ek volg Blackie al van laaaank voor die Liewe Lulu dae en daar was in my pre-Nederland dae selfs sprake daarvan dat Blackie moontlik vir my op ‘n Afrikaanse album sou kitaar speel. Die album het nooit die lug gesien nie en dus was die geleentheid verby. Soos so baie mense saam met wie ek dalk sal werk, gebeur dinge net nie altyd soos ons dit beplan nie. Terug by Blackie – hy was in die “ou” dae dié kitaarspeler om te gebruik in die studio. Hy was basies die Mauritz Lotz van my generasie.
Die een ding wat duidelik geword het Donderdagaand, is dat hy geensins sy,
vaardighede as kitaarspeler afgeskeep het in die dae sedert ek hom laas gehoor het nie. Inteendeel, ek rate Blackie nog steeds as een van ons top 10 kitaarspelers. Geen pretensie, geen airs nie – net skoon onverdunde talent. Ek vind dit wel hartseer dat hy met Liewe Lulu gebrandmerk is, en ek glo dat hy ooit weer verby die littekens van daai song sal kan kom en erkenning kry vir die briljante musikant wat hy werklik is.
Dozi was ‘n ander show. Ek het sy show meestal geniet. Daar is geen twyfel by my dat Dozi die Valentino Rossie van stemkunstenaars is nie. Soos Valentine enigiets met twee wiele kan ry, so kan Dozi enigiets in die soul, blues en rock genre sing in Afrikaans of Engels (ok of Zulu). Hy interpreter en maak die song sy eie. Ek is net bly dat ek nie so baie vroulike aanhangers soos hy het nie. Ek bly liewers lekker veilig agter my honderd en ‘n paar kilogramme as om daarmee te moet deel. Die girls swymel nie vir my gewig nie ;).
Vrydagaand was ‘n fees. Ek het die keer uitgemis op die laaste Vrydag van die maand akoestiese gig, maar het dit in elk geval bygewoon. ‘n hele paar van my pelle het opgetree. Jannie (Johnny Late) het saam met Andrew Friend (ons bassis) opgetree, MD Greyling, Hansie Calitz en Fabian Gambale van Hansie Slim en Hugo het opgetree. Daarmee saam ook Mary van Corsette (haar nuwe band heet St Mary’s). Ditw as uitstekend en ‘n lekker aand.
Saterdag was Rugby hemel vir my. Eers het die Bokke die Aussies ‘n les geleer in hardlooprugby, toe het die WP die dag nog beter vir my gemaak deur die Sharks pak te gee op hul tuisveld, en toe verras die Lions my deur met die Bulletjies af te reken. Ek kan beswaarlik aan ‘n beter manier dink vir die naweek om te verloop nie. Soos van julle miskien weet is ek mal oor mense in Pretoria, maar wanneer hulle rugbyondersteuners word, verloor hulle al hul kultuur en dan laaik ek hulle niks nie. Wanneer hulled an weer nie rugby praat nie, laaik ek hulle weer sterk. Sorry.
Dit is dit dan vir nuus van my kant af.
Tot kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...