Ek is ook nie dokter toe nie, want ek het a) – nie tyd om in toue te staan net om iets te hoor wat ek al klaar weet nie (ek het verkoue) en b) Ek hou nie van dokters nie. Ek het geen vrees vir dokters nie, ek hou net nie van die reuk van medisyne, en die konsep van mense agter papiermaskertjies nie. Niks persoonliks nie, maar in Standerd agt het ek 6 weke in ‘n hospital spandeer na ‘n fietsongeluk, en ek voel date k het my kwota van hospitaal- en doktertyd opgrbruik vir die res van my lewe. Dus wanneer ek die dag dokter toe, moet dit ernstiger as ‘n verkoue’tjie wees om my daar te kry.
Ek het goeie nuus vir julle. Ons het ons drommer identifiseer en ek kan nou amptelik bekend maak dat Shannon Sutherland-Clark (wat bekend is vir sy werk saam met die band Reason) amptelik nou deel is van Murg. Daar is nog meer nuus wat binnekort kom, so hou julle ore oop – daar gaan nog groot dinge gebeur!!.
More-oggend is ek vroeg op pad, en more-aand gaan die van Zyl’s na die Liedjieboer om die Dozi en Blackie Swart te gaan luister. Ek is seker dat die arme manne forseer gaan wors om Ou Ryperd en O liewe Lulu te speel, maar ek sien uit om Dozi te hoor van sy minder bekende goed sing en Blackie se kitaarspel te bewonder.Hoop ek is more heeltemal beter.
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...