Gaan na http://www.health24.com/medical/Condition_centres/777-792-811-1699,50588.asp om meer uit te vind van wat varkgriep is en gaan kyk na die kaart by http://www.health24.com/tools/sa_swineflu/ om te sien hoe dit versprei in Suid-Afrika.
My week tot nou toe was redelik sonder enige ernstige voorvalle.
Ek was soos gewoonlik baie besig. Ons is besig om ‘n nuwe drommer te soek, en het Maandag aand ‘n eerste oudisie gedoen. Ek het regtig van die outjie gehou en dink hy sal goed inpas. Ons hou Vrydagaand nog ‘n oudisie. Meer daaroor wanneer ons besluit het wat ons wil doen.
Ons vervang nie vir David in die orkes nie, ons het hom eintlik half van kant toe bevorder. David is ‘n uitstekende sanger, en ons wil meer diepte ontwikkel aan die sang kant. Hy het gesukkel op dromme tye leer speel en te sing tegelykertyd, en ons wil die tyd gebruik vir hom om te groei in ‘n rigting wat sin maak vir almal. David het begin dromlesse neem by Ghappi Botha, en sal as instaan-drommer werk wanneer ons nuwe drommer nie beskikbaar is nie.
Vanaand tree ek en David weer op by die Liedjieboer. Sien julle daar!!
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...