‘n Draai in Kaapstad
Vrydagoggend die 24e het ek vroegoggend Kaapstad toe gevlieg vir besigheid en Vrydagmiddag het ek na my Ma toe deurgery in Strand.
Die besigheid van die dag het gou gegaan alhoewel dit ‘n bietjie van ‘n agressiewe vergadering was. Baie mense wil dit nie aanvaar wanneer mens veranderinge in besighede probeer inbring nie. Al is dit op die outoriteit van hul base. Dit is maar eenmaal in die karakter van mense dat hulle verandering teenstaan. En as verandering in hul wêreldjie ingebring word sal hulle alles in hul vermoë doen omd ie verandering te ondermyn en tee te staan. Dus is my rol daar so ‘n bietjie om seker te maak dat ons sg “buy-in” kry in die prosesveranderinge waarmee ons besig is.
Na my vergadering om vrede te bring het ek in my rent-a-wreck gespring en deurgery na Strand toe. Ek maak gewoonlik gebruik van reise na verskillende stede om verskillende motors te toetsbestuur. Dit beteken uiteraard dat mens moet probeer om so veel moontlike aspekte van die voertuig uit te toets. Ek het Vrydag ‘n Hyundai Getz gekry vir die dag.
Akkedis
My kleinboet wat in Gansbaai woon, Johan, het laat weet dat hy in Botrivier gaan kyk na Akkedis, en dit is toe net daar wat ek besluit date k deurgaan Botrivier toe om Johan te sien, met die ekstra voordele dat ek Akkedis die eerste keer sal kan sien live optree en sommer my ma en Tannie Pearly kan by die huis uitkry. En natuurlik die Getz toets.
Ons hoef eers om 7-uur by Botrivier te wees en het daarom maar rustig aangery.
Ek het wel so af en toe in die truspieëltjie gekyk en Tannie Pearly het so ‘n bietjie ongemaklik gelyk. Ek het geen idee waarom nie, maar sy het niks gesê nie, so ek neem aan sy was tog gemaklik. Toets nommer een – as mens redelik vinnig om die draaie ry met ‘n Getz bly hy op die pas en die passasiers in die agterste sitplek lyk net ongemaklik – hulle is nie ongemaklik nie. Die pad om Hanklip van Strand is een van die mooiste roetes in die land en die laatmiddag met die son wat einde se kant toe gestaan het, was die tipe lig wat my na my kamera laat gryp. Helaas het ek om een of ander onverklaarbare rede nie my kamera saamgeneem nie. Go figger.
Ons het uiteindelik Botrivier so ongeveer teen sesuur bereik en het by die Hotel se restourant ingestap. Ek was aangenaam verras. Die kos was nie net baie billik geprys nie, maar was uitstekend. EK het ‘n kruisskyf bestel (‘n rump vir ons gewone mense) en my Ma en tannie Pearly het ‘n schnitzel bestel. Die wyn was ook billik en teen 32 Rand vir ‘n bottel rooi was ek baie goedkoop gereed om dit te geniet. Ek het ‘n bottle Nederburg Late Harvest gekry vir die dames – R 38-00!! Dit was werklik belaglik goedkoop eet.
So teen half sewe se kant het Johan daar opgedaag. Ons het lekker gekuier om die res van my bottel wyn en is toe deur na die kroeg area toe waar die manne van Akkedis al reeds opgestel was. Hulle het eers vir die WP gewag om klaar te speel met die Vrystaat en toe hulle set begin. Amazing blues, cool Afrikaanse musiek en wat ‘n aand! Ons het redelik vroeg (vir my) vertrek en gaan slaap toe ons by Tannie Pearly se huis in Strand aangekom het.
Die eerste toets teen die All Blacks
Saterdagoggend het ek teruggevlieg van Kaapstad af en Saterdagmiddag het Murg opgestel vir die na-rugby paartie. Op hierdie stadium is om oor daardie eerste epiese oorwinning te praat soos mosterd na die maal, maar dit was lekkerkry om te sien hoe die spelpatrone bymekaar kom en hoe die All Blacks uitspeel was. Die laaste paar minute was dit asemophou goed, maar wat ‘n game!! Soos gewoonlik na ‘n Bok oorwinning was daar suurgat joernaliste wat Suid-Afrika van allerhande dinge beskuldig het, maar what the heck – ons was na daardie oorwinning waar ons die All Blacks in alle fasette gedomineer het nommer een in die wereld.
Die gigf na die tyd was lekker, maar ons was vir my gevoel nie so tight soos gewoonlik nie. Dit was lekker om weer saam met die manne van Infamous en Teerpad te kuier. On shet so ‘n rykdom aan talent in Suid-Afrikaanse musiek.
Durban, Jukebox en die Liedjieboer
Woensdagoggend moes ek vroeg na Durban toe vlieg vir ‘n demonstrasie wat ek daar moes doen by ‘n maatskappy. Ek het toe probeer om hierdie blog klaar te kry, maar die laptop waarop ek werk se battery het finaal die gees gegee. Ek het by die lughawe gesit en wag vir die vliegtuig en waar ek gewoonlik sulke tye kan gebruik vir opvang was dit helaas nie die keer so nie. Dus word my blog uiteindelik meer as ‘n week se opvang.
Toe ek in Johannesburg land, was ek direk huistoe, het gou opgefris en toe ry ons dadelik deur na die Liedjieboer vir ons gig. Toe ons daar aankom was Johnny Late van die Johnnly Late band – oftewel Jannie Lategan van Murg – ook daar en hy het impromptu saam met MD gespeel en ook ons twee sets saam met ons gedoen. Die rou talent en vaardigheid van Jannie hou aan om my te verstom. Dit is ‘n plesier en ‘n eer om saam met iemand soos hy te kan werk. Ek voorspel dat hy nog een van die grotes in Suid-Afrikaanse musiek gaan word. So veel positiwiteit in iemand met soveel vaardigheid kan net lei tot groot dinge.
Jukebox was ook daar en het versoeke van mense wat dit bygewoon het geneem vir Kurt Darren se Sondagaand program. Hou maar ‘n ogie oop – miskien hoor of sien julle my en/of MD op die tv ook :).
Vrydagaand weer die Liedjieboer met Murg Uitgeprop
Vrydagaand het Murg akoesties gespeel as dieel van die Liedjieboer se normale Laaste Vrydag van die maand Akoestiese Paartie. Ek het twee van die goed gemis, en het die keer besluit om dit te doen saam met Murg. Almal behalwe Jacques het gespeel en dit was heerlik. Ek dink dat die akoestiese klank met sterk harmonie ‘n wenner is. Ek is oortuig dat ons op die regte spoor is vir die Naak projek. Jacques was wel daar en het ‘n video gemaak van ons set. Ek sal meer laat weet wanneer ons dit beskikbaar het.
Saterdag, Rugby
Saterdag het vriende kom kuier by ons. Fifi en ek is binne ‘n paar dae
uitmekaar gebore in die siekeboeg op die lugmagbasis by Langebaanweg. Ons ma’s het lewenslange vriendinne geword en ons sien mekaa rnog wanneer Fifi in SUid-Afrika kuier uit Saoedi Arabië waar sy saam met haar man, Chris woon. Sy en haar suster Moira het hier gekuier tot kort voor die rugby begin het.
Die rugby was weereens interessant met die Springbokke wat die spel van die begin gedomineer het. Mens praat gewoonlik met ‘n effense bitter nootjie daaroor as jou span die wedstryd domineer maar die punte verloor, maar die telling reflekteer nie hoe dominant die Bokke gister was nie. Die drukw as op dei All Blacks van die afskop af met die statistieke wat die hele verhaal vertel. Genadiglik het Helium met Morné Steyn begin op losskakel en hy het nie net goed gelyk op met sy skopskoen nie, maar ook dodelik op die aanval met bal in hand en sterk op verdediging. Daar is geen kwessie dat hy verdien het om die mand van die wedstryd te wees nie. Miskien ook President van die Heelal.
Klipdrift Battle of the Bands en Just Jinjer
Gisteraand was dit uiteindelik die finale van die Klipdrift Battle of the Bands, en in alle eerlikheid was dit fantasties al het Murg nie deurgegaan na die finale nie. Ek en David was daar om ons vriende te ondersteun en miskien ook om Just injer te sien. Wimpie vand er Sandt het vir ons backstage passes gereël en ons het by ons aankoms eers gou gaan eet. Art en Brent van Just Jinjer het by ons kom sit en eet en ons het kans gehad om te gesels oor hulle terugkoms. DIt is amptelik. Just Jinjer is terug in Suid-Afrika en ons gaan baie meer van hulle sien. Die ander ding waaroor ons gesels het is oor die voorreg wat ons as Suid-Afrikaners het om hier te woon en lewe. Ons wat on die buiteland gewoon het vir ‘n geruime tyd weet dat ons bevoorreg is , en dat dit ongelukkig soms eers vat vir ons om weg te wees vir ‘n tyd om te besef hoe groot die voorreg werklik is.
Die aand was fenominaal. Punt. Ek het al die bands geniet, maar was sooooo bly dat my Mrs B die uitendelike wenners van die 2009 Klipdrift Battle of the bands is. Dit is welverdiend, en ek glo dat dit uiteindelik die deurbraak is waarvoor Pedro en die manne so lank gewerk het.
Just Jinjer se show was die kersie op die koek, en toe ons na die show drankies by Supsersport gaan drink het, het al die bewonderaars wat Art se handtekening kom vra het, my laat besef hoe groot hulle werklik in alle gemeenskappe in Suid-Afrika is. Amazing.
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...