Thursday, February 09, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Die nuwe t-hemde vir Murg. Alweer groet. Nuwe cd maak vordering. Battle of the Bands Semifinaal

D aar was nie tyd nie. Daar was nie tyd om eers my laptop te begin om te werk aan hierdie blog inskrywing nie, maar hier is hy nou. Sedert hulle laas van my gehoor het deur die blog het ek gereis deur emosionele uiterstes. Ek het gegaan van ekstase na uitputting van frustrasie na vrede.   Ek moes die afgelope week weer afstand doen van vriende aan die dood, en kon nuwe konsepte sien realiseer.  Hier aan die Linkerkant is die ontwerp van ons nuwe t-hemde vir Murg. 

 

 

Verlede week en op die 15e het ek die skokkende nuus gehoor dat twee van my vriende, Hannes Cilliers en Dries Venter se masjiene wat hulle aan die lewe gehou het afgeskakel is.

 

Hannes was ‘n ou-skool koerantman en was betrokke by verskeie van die bekende Afrikaanse publikasies (soos onder andere die Transvaler) gedurende sy loopbaan. Hannes was ‘n opinievormer en het aktief deelgeneem aan verskeie internet gespreksgroepe en forums. Ek het hannes die eerste keer “ontmoet” in die virtuele gemeenskap uit gesprekke van hom op groepe in die Usenet gemeenskap en he took uiteindelik saam met hom aan ‘n internet poslys genaamd Kampvuurkuier deelgeneem. Hannes was daar een van die moderators en ons het in 2002 die voorreg gehad om vir hom en sy vroutjie Riekie in lewende lywe ontmoet. In die moeilike tye nadat ek Saoedi toe gegaan het het hulle Susan bygestaan in Centurion waar sy en die seuns agtergebly het. Dierbare vriende en iemand oor wie ek opreg trots is om geassosieer te word.

Hannes is ‘n paar weke gelede in die hospitaal opgeneem vir ‘n operasie aan sy nek Na die operasie het hy sieker geword en kwart voor 11 die aand van die 15e is Hannes oorlede. Sy begrafnis was Maandag.

 

Dries Venter het e kook ontmoet deur die poslys van kampvuurkuier. Dries was ‘n stillerige ou met ‘n sterk opinie wat hy geluk het op intelligente wyse. Hy het ook in IT gewerk soos ek, en dus he tons heelwat dinge gehad om oor te gesels. Hy het ‘n sterk morele basis gehad waaruit hy dinge benader en bespreek het, en het almal se respek afgedwing met sy manier om soms konflik te ontketen en soms konflik te ontlont.

Dries was verlede jaar gediagnoseer met Leukemia, en sy lankmoedigheid waarmee hy daar deur gegaan het was ‘n inspirasie. Hy het altyd positief gebly en toe hy uiteindelik ‘n skenker uit Duitsland gekry het wat murg geskenk het, het sy humorsin deurgekom wanneer hy vertel het dat hy nou gedeeltelik Duits sal wees. Die murgoorplanting in April was ‘n sukses, maar ongeveer ‘n maand gelede ons die slegte nuus gekry dat die leukemia terug is, en Woensdagoggend is die masjiene afgesit. Dries se begrafnis Was Dinsdag.

 

Dit was van die grootste swaar om twee goeie vriende in so ‘n kort tydjie te moet groet, maar ons glo dat hulle in ‘n beter plek is.

 

Die res van die week was ‘n bietjie van ‘n blur, maar gelukkig het die naweek my van myself gered.

 

Vrydagaand is ek met die hele familie sak-en-pak na die plaas toe waar ons weer gaan werk het aan die nuwe projek. Ons het Vrydagaand net vinnig gegroet, en Saterdagoggend aan die werk gespring. Ons het die kitaarwerk van die ander 8 liedjies klaargemaak en ook die lead vocals klaargemaak. Ons het vir drie liedjeis ook die backing vocals klaargemaak. David hou steeds aan om my te beïndruk met sy vermoë om komplekse harmonieë onder die knie te kry. Sy natuurlike stem kan die hoë A slaan sonder met absolute akkuraatheid. Hy is ‘n goeie drommer, maar ‘n uitsonderlike sanger. En ek sê dit nie net omdat hy my seun is nie. As daar iemand is daar buite wat uitsonderlike sangtalent vir ‘n nuwe projek soek, laat my weet.

 

Volgende sal die ander instrumente begin inkom op die projek. Opwindende tye.

 

Mrs BDinsdagaand he tons toe deelgeneem aan die Battle of the Bands. Dit was ‘n fees. EK is nie tevrede met waar ons uiteindelik geplaas is uit die 13 bands wat deelgeneem het nie (10e), maar berus myself daarby dat dit ‘n subjektiewe besluit was. Ons was 'n bietjie in vir kritiek omdat ons ons eie t-hemde gedra het, maar oor die algemeen was die kritiek van mense wat ek na opkyk (soos die van Jan Blohm) uitstekend.

 

Ek sien die waarde van die kompetisie in, maar ek dink nie dat ek weer sal wil deelneem aan so ‘n kompetisie nie. Suiwer omdat dit ons ‘n bietjie op ‘n syspoor geplaas het vir ‘n tydjie met al die verwagtinge en tyd wat dit geverg het. Ek is regtig moeg.

 

Daar is ‘n paar bands wat my werklik beindruk het soos byvoorbeeld Mrs B en Teerpad. Daar is ontsettend talent en ek vind dit jammer dat ons mark nie groot genoeg is om die talent te kan huisves nie. Ek vind dit ook bitter jammer dat die diversiteit van style wat ek gehoor het nooit tot hul reg sal kom in ‘n land waar ons ‘n obsessie het met ‘n norm waar bitter min spasie vir kreatiewe uitdrukking nie.

 

Ek sit hierdie blog en skryf uit ‘n koffiewinkel in Kaapstad genaamd Saporita, en drink ‘n lang latte. Ek vlieg weer more-oggend terug na Johanesburg nadat ek vanaand ‘n bietjie by my Ma sal kuier in Strand.

 

Onthou – ons het more-middag na die rugby ‘n lekker show aan by die Liedjieboer. Dit sal wees met die hele Murg band en Teerpad en Infamous. Dit gaan ‘n fees wees soos min!

 

 

Tot Kyk

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Friday, 24 July 2009 10:51 by Gideon van Zyl

Viewed 1335 times so far.

Rate this article

(5 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Da Maio   |Y-m-d H:i:s
Jammer om te hoor oor daai vriende van jou, sterkte ... sulke goed is nooit maklik nie.
En hey, geniet Kaapstad!
Gideon  - Darmario   |Y-m-d H:i:s
Heita Da Mario,

Dankie vir die ondersteuning en ook vir al jou comments. Dit is lekke rom te weet dat ek nie net in die wind praat nie.

-Gideon-
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 33 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za