Eerstens, dink ek dat dit tyd is om te aanvaar dat die houvas wat blanke Afrikaner mans op rugby verby is. Dit was nie goed vir die sport nie en was ook nie haalbaar op die lang termyn ie. As mens die sport wil behou as ‘n pronkponie van Suid-Afrikaanse sport, moet ons daarmee leer saamleef dat die sport nie behoort aan die Afrikaner nie. Daarmee kan ons nie die bydrae tot die sport ontken wat ie Afrikaner gemaak het en steeds maak aan die sport nie, maar nogtans – wizen up (soos die Engelsman sou sê). Daar is mense van alle rasse wat graag in die sport betrokke raak, en in die Kaap is byvoorbeeld ‘n groot gros van die ondersteuners uitd ei kleurling gemeenskap. Uit Div se gemeenskap. Die geld en die moeite wat gedoen word om die talent in die armer gemeenskappe te ontwikkel is ook nou besig om vrugte te dra. Kyk maar na die fantastiese spelers wat nou deurkom uit al die ontwikkelingsprogramme. Wees trots daarop, want dit is ons toekoms. Wanneer driekwart van die pawiljoene volsit met donkervellige Suid-Afrikaners sal on sweet dat Apartheid vir eens en vir altyd verby is en die Springbok deur almal as ‘n verenigde emblem begin sien. Ek verstaan dit, en ek dink dit is tyd dat almal dit verstaan. Pieter de Villiers is deel daarvan.
Tweedens, ek is heeltemal gemaklik daarmee dat ons ‘n kleurvolle karakter as nasionale afrigter het. Niemand het ‘n problem daarmee dat hy nie sy bek hou vir die internasionale media nie (behalwe die internasionale media natuurlik). Ek hou van die feit dat hy opstaan vir sy spelers. Ek hou daarvan dat hy sê wat hy dink. Waarom? Miskien omdat ek dit nie altyd self kan bekostig om te sê wat ek dink nie. Miskien is ek net gefassineer daardeur om te kyk hoe iemand homself vernietig met sy mond. Miskien is dit ‘n vorm van ramptoerisme – jy weet – soos iemand wat stadiger ry om te kyk of hy liggaamsdele kan sien by ‘n motorongeluk. Ek weet nie, maar ek hou daarvan. Iemand wat nie net gedienstig en gedwee bysit en luister hoe die media oor hom en sy span hardloop nie.
Derdens – hy bereik resultate. Hy is statisties gesproke een van die mees suksesvolle
afrigters wat ons nog gehad het met ‘n 75% wen-ration. Uiteindelik is dit wat ons wil hê van die Bok afrigter – ons wild at hy toetse wen. Ek kan amper selfs oor daardie laaste toets teen die Britte hom vergewe as ek dink aan wat die positiewe gevolge daarvan kan wees. Hy het ‘n hele spul spellers ‘n kans gegee om hulself te bewys deur effektief ‘n b-span uit te rol vir daardie toets – hy het ook van sy sleutelspelers kans gegee om te rus. As die a-span opgedraf het, he tons dalk met nog meer beserings gesit of met nog ‘n paar uitwysings gesit kort voor die Drie-Nasies wedstryde. Jy hoef maar net te kyk watter van daardie spelers in die Curriebekerwedstryde uitgedraf he tom te besef dat hy wel ‘n plan het. Okei – hy he took ‘n ego, maar ek verstaan ook waar daardie ego vandaan kom. Ek sien iemand wat ‘n fu middelvinger in die lug laat swaai teen ‘n groep mense wat hy voel hom en sy mense nog altyd seer gemaak het en nie die kanse gegee he twat hy geglo he thy verdien nie. Daardie selfde verstaan is ook sigbaar in die spellers wat hy toegelaat he tom hulself te bewys in die laaste toets. “Hier is jou kans – gebruik dit of mors dit”.
Gepraat van ‘n attitude – Luke Watson het Saterdag goed gedoen vir die WP teen die Sharks. Ek gee nie om wie wat dink nie – daai mannetjie kan speel en het weereens uitstekende leierskap getoon op die veld om die WP na ‘n welverdiende oorwinning teen die Sharks te lei. Hy het sy middelvinger wat in die lug swaai, maar hy gee die resultate op die veld. Ek gee nie om wat die grootbekke oor hom te sê nie – Luke – jy is my held. Jy is nie bang om jou sê te sê nie – ek hoef nie met jou saam te stem om jou te bewonder nie. Dit herinner my toe ek jonk en minder versigtig was. Moenie dink dat die hele Suid-Afrika teen jou is nie. Die mense wat teen jou is tel in elk geval nie meer nie en kan niks meer bydra as hul bitter opinies en vervelige argaïese briewe in die Beeld nie. Ek sien werklik waar uit om volgende naweek te sien hoe jy die WP te sien ly na ‘n groot oorwinning in die vesting van jou grootste kritici. Ek is wel teleurgesteld dat jy jouself laat wegdryf uit die land deur idiote.
Wat is dit wat my trek na aweregse mense? Ek weet nie - miskien het dit iets te make daarmee dat ek nie hou daarvan om te sien hoe ongeregtigheid seevier nie. Ongeregtigheid seevier net omdat die mense wat dit raaksien stilbly. Ons koerantmanne in die ou Suid-Afrika wat nie wou stilbly nie. Skoolkinders en studente wat bereid was om hul sê te sê ten spyte van die gebrek aan gewildheid wat daarop gevolg het. In die Nuwe Suid-Afrika - mense wat bereid is om dinge te sê wat verkeerd is al weet hulle dat hulle dalk gebrandmerk sal word as anti-rewolusionêrof rassiste. Met die rassiste wat net dieselfde ou wanklinkende ramkie te speel het ek geen simpatie nie, en let wel - ek en miljoene ander Suid-Afrikaners ken die verskil.
Ek kan protesteer teen dit wat verkeerd is sonder om 'n rassis te wees. Daarom kan ek protesmusiek skryf teen rassisme teenoor blankes. Want enige vorm van rassisme is verkeerd. Daarom kan ek protes aanteken teen 'n gebrek aan demokrasie - as ons 'n demokrasie aankleef moet ons demokraties bly - nie kommunisme beoefen en dit demokrasie noem net omdat iemand gestem het vir die politburo nie. Ek kan soos 'n Breyten Bretenbach die huidige bestel aanval hoewel ek die ou regering ook aangeval het. Ek kan dit doen sonder om kante te verander soos sommige enges wil beweer. Ek kan dit doen omdat rassisme rassisme bly ongeag die beoefenaar se velkleur. Ek kan dit doen omdat diskriminasie steeds diskriminasie bly ondanks my seksuele voorkeur, geloofsoortuiging of tydskrifte wat ek lees.
Dit is waaroor vryheid van spraak gaan. Om my middelvinger in die lug te kan gooi ongeag wat ander mense wil hê ek moet of nie moet sê nie. Goed gedaan Pieter en Luke.
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...