Gister was vreemd en dol tegelykertyd. Ek het vroeg opgestaan sodat ek betyds in Randburg vir ‘n vergadering kon uitkom. Die verkeer het so goed gevloei dat ek al teen 7-uur by die klant was. ‘n Uur en ‘n half te vroeg. Eerlik gesproke was ek sommer misrabel daaroor. Ek moes by die Total Garage om die hoek gaan sit en tydskrif lees om tyd op te maak. Daarna was ek Pretoria toe vir ‘n vergadering in die Midde-stad en daarna na Centurion om die res van die middag te werk by ‘n ander klant. Lekker besig, maar al drie die vergaderings was vrugtevol en ek is seker dat dit alles tot goeie besigheid sal lei.
Ek het gister wel iets gelees op twee vriende se blogs wat my diep geskok het, maar daai is een faait waaruit ek liewers gaan bly. Ek staan te naby aan te veel van die partye. Vandag is rustig. Ek moes vanmore ‘n telekonferensie bywoon wat ‘n bietjie van ‘n tegniese mislukking was, maar die res van die dag is redelik ongekompliseerd vir my.
Ek is besig om baie besorgd te raak oor die moontlike impak noudat die eerste geval van die Meksiekaanse Varkgriep in ‘n Suid-Afrikaanse township identifiseer is. Die WGO verwag dat die verspreiding en fataliteite in die Suid-Afrikaanse townships ‘n aanduiding sal wees van hoe die pandemie in die res van Afrika sal lyk. Vreesaanjaende gedagte. Hoë digtheid bevolking met ‘n hoë voorkoms van HIV/VIGS. Dit is ‘n tydbom waar so ‘n aggressiewe virus mense met verswakte immuniteitstelsels kan doodmaak in hul miljoene. Ek sidder as ek dink aan die impak op ons gesondheidstelsel, ons infrastruktuur en ons ekonomie.
Die naweek gaan ons Middelburg toe om by Skoonma te gaan kuier. Ek dink dit gaan rustig wees, maar ek het nog 'n bietjie materiaal om klaar te maak vir volgende naweek in die Studio by Riku en Dorette, so ek dink nie dat ek baie tyd vir kuier sal kan maak nie. Dit beteken ook dat ek moontlik nie die naweek sal kan blog nie. Behalwe as daar iets belangriks gebeur om julle te vertel.
Onthou om die 21e Julie oop te hou vir ons optrede by Carnival City in die Semi Finale van die Klipdrift Battle of the Bands!!!
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...