Monday, February 06, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Klipdrift Battle of the Bands. Gerrie Pretorius

D ie groot nuus van die afgelope twee dae is dat Murg effektief deur is na die semi-finale van die Klipdrift Battle of the Bands. Die bands wat in die laaste rondte speel Dinsdagaand die 14e sal ‘n groot haas uit die hoed moet trek om ons uit daardie posisie te speel. Ons he took gisteraand ‘n celeb judge gehad in Gerrie Pretorius wat daar was. Ek weet nie of dit ons gehelp het of nie, maar dit was nogal cool om hom te ontmoet, en eerlik gesproke het hy met sy sinvolle kommentaar op sommige van die swaarder rock bands my respek gewen. Hy is baie meer as net ‘n Bles Bridges kloon of Swing sanger. My uitkyk dat die publieke persoon en die persoon self twee verrassend verskillende persona's is het alweer vir my kom keelskoonmaak.   

 

Ons het gisteraand ‘n goeie show ingesit om die panel te oortuig van ons vaardighede en is 5e op die algehele telbord. Die algehele posisie is uiteindelik nie so belangrik soos die feit dat dit nou moeilik gaan wees om ons uit die top 12 uit te kry nie so dus is ons byna verseker van ons plek in die semi-finale op die aand van die 21e Julie. Die goeie nuus is dat ons nog kan verbeter op ons vertoning van gisteraand, en dat ons optimisties gesproke moontlik ook tot die finaal kan deurdring. Dit is alles in die finale optrede op die 21e en ook in hoe die gehoor deelneem in wat ons doen. Daarom soek ons julle ondersteuning op daardie aand.

Gisteraand se telling was as volg:

 

The Ragoo - 312

Klinkenberg - 208

Murg - 375

Wysdiman - 379

Cry out Riot - 370

Promised Choice - 366

Errand is Blomme - 364

 

Die Kommentaar van die Beoordelaars was as volg:

Wimpie Rudolph:

Dit is die Murg wat ek ken

Gerrie Pretorius:

Experience in die band wys regtig goed. Het julle baie geniet !

Henry Bruinette:

Soos in die “ou” dae. LEKKER !!!

Andre Leibrandt:

Nice and solid. Well Done. Maturity Show



Baie Bands kyk ‘n bietjie neer op die Battle of the bands konsep omdat daar ‘n baie subjektiewe beskouing rondom dit is. Die kans om in die finale drie te kom met die kwaliteit van bands wat deelneem is eerlik gesproke nie groot nie, omdat so baie subjektiewe faktore saamwerk om die uitslag te beslis. Daar is die gehoor op die aand, die voorkeure van die beoordelaars, eksterne faktore wat jou show kan beduiwel (ek dink byvoorbeeld aan ‘n kabel wat geraas het in ons eerste show),  song seleksie wat kan backfire (gisteraand amper met “die Moeite Werd” – dit het nie vir een van die beoordelaars gewerk nie en het ons punte gekos), ons emosionele of gesondheidstoestand. Daar is so baie in die mengsel wat die finale uitslag kan beinvloed dat dit eintlik enige kant toe kan gaan.

Vir ‘n aktiewe band soos Murg is dit egter nie soos vir deelnemers aan Idols waar die top Idol erens kan kom en die res net stilletjies verdwyn nie. Vir ‘n jong band soos Murg is die respek wat ‘n semi-finale plek bring weldeeglik waardevol, en die promosie en sigbaarheid wat daardeur gegenereer word doen meer vir ons as wat al die gratis oudisie-gigs wat ons al gedoen het saam kan doen. Die semi’s word op DVD opgeneem, daar is baie pers rondom dit, en ewe skielik is Murg nie meer net daai band wat Gideon aanmekaar gesit he tom as ‘n backup band vir hom te werk nie. Mense hoor die naam en hulle weet van ons. En ons is hier om te bly. Die band in sy huidige vorm het in ‘n skamele 4 maande van ‘n idee ontwikkel in iets wat baie meer is as die som van die komponente. Ek wil so ver gaan as om te se dat Murg in vier maande meer naamsbekendheid verwerf het as Gideon in meer as ‘n jaar. Dit is ten spyte van televisieblootstelling, goeie pers en alles wat ek gekry het. Die Battle of the Bands help net. Baie.

 Vir meer oor die battle of the bands die jaar, gaan lees gerus www.wimpie.co.za/klipdrift.

Sien julle op die 21e Julie by Carnival City by die Supersport Club.

Tot Kyk

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Wednesday, 08 July 2009 10:35 by Gideon van Zyl

Viewed 1499 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 17 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za