Hulle kla oor drie dinge
1. Die oog insident van Schalk
2. Sogenaamde “off-the-ball shenanigans” deur die Springbokke
3. Daai drie wat hulle nie gekry het nie
Kom ons begin by die kruks van die saak – het hierdie drie dinge die toets verloor vir die Lions?
1. Die oog insident was ‘n bietjie van ‘n ramp waarna ons later kan kyk, maar die belangrikste en eerst
e vraag is of hierdie incident die toets verloor het vir die Lions? Nee – dit het nie. Die situasie was tot die voordeel van die Lions. Die Bokke moes vir die eerste 10 minute sonder hulle oopkant flank gespeel en in daardie 10 minute het die Lions 10 punte gemaak – jy kan se dat die situasie direk gelei het tot die voorstand wat die Lions teen rustyd gehad het. Schalk se afwesigheid het die aanvals- en verdedigingspatroon van die Bokke ontwrig en ek kan so ver gaan om te stel dat die dominansie wat die Lions die eerste 60 minute gehad het direk toegeskryf kan word aan Schalk se afwesigheid van die veld vir die eerste 10 minute. Dus as Schalk nie afgestuur was nie, sou die Bokke dalk gescore het en die Lions nie. Daar is geen manier wat die insident tot die nadeel van die Lions gelei het nie. As Schalk dit nie gedoen het nie, sou die Lions net met ‘n groter agterstand verloor het.
2. Dan kla die Lions ondersteuners dat as Schalk gerooikaart was sou hulle kon gewen het. VierDus is wat hulle se dat hulle net teen die Bokke kan wen as die Bokke 14 man op die veld het. Dit se nie veel vir die vertroue wat hulle het in hul span nie.
3. Die “off-the-ball shenanigans” ding klink vir my te veel na die tipe van selfregverdiging wat die Leeus gebruik het vir die 99 roep van die 1976 toer. Ok – hoe sou dit vir die Lions gehelp het om die toets te wen? As die Bokke so wit soos lelies gespeel het – sonder skandvlek of robuuste spel sou van hul spelers miskien nie seer gekry het nie. Maar die No Contest scrums het uiteindelik in albei die spanne se voordeel getel. Vir die Lions omdat hul voorspelers begin swaarkry het voor die beserings en vir die Bokke omdat die Bokke die eerste 10 minute sonder hul oop kant Flank gespeel het en die vaste 5 ook swaargekry het. Meeste van die beserings aan die Lions se kant het ook niks te make gehad met robuuste spel deur die Bokke) nie. Twee van daardie beserings (Brian O’Driscoll en Gethin Jenkins) het gekom as gevolg van robuuste spel deur Leeus. O’Driscoll het Danie Rossouw van die veld afgestuur en in die proses himself ook. Al besering wat hulle kan toeskryf aan robuuste spel deur ‘n Bok, is die skoonmaak van die skrum wat Bakkies Botha gepleeg het wat gelei het tot die besering van Adam Jones. Die ene pla my omdat wat hy gedoen het heeltemal wetting is binne die reels. Ok – so kom ons praat van een Speler van die Lions wat deur robuuste spel deur die Bokke van die veld af is. Hoe sou hulle gewen het as die Bokke soos ballerina’s gespeel het. Dus het die Lions nie die game verloor deur alles waaroor hul ondersteuners huil nie.
4. Die Drie deur Jaque was daar en toelaatbaar. Van die Leeus ondersteuners verwys na footage op Sky News wat duidelik sy voet uitegys het. EK kan geen teken van daardie footage kry op Youtube of Sky of enige ander plek nie. Dus – hou op met moun, Die drie was daar.
5. Aangesien die Lions ondersteuners ‘n “wat-as” speletjie speel, kom ons doen dit ook vir ‘n oomblik. Kom ons begin daarmee as die span presies dieselfde gespeel was. Wat as Schalk ‘n bietjie slimmer was en nie gegeelkaart was nie, en wat as Pienaar sy skopskoene aangahad het? Die Lions sou nie die eerste 10 punte kon kry nie (ok kom on se maar net hulle sou nie die drie kon kry nie en ons maak dit net 7 punte waarsonder hulle gespeel het). Pienaar skop die 15 punte oor wat hy kon kry. Ewe skielik is die telling 43-18. Ek sou se die Leeus ondersteuners moet ophou moun en nie die wat-as speletjie speel nie, want ek kan geen enkele scenario sien waarin die Leeus wen nie, behalwe miskien as Schalk gerooikaart was en die Lions teen 14 man kon speel.
Wat ek nou na uitsien, is ‘n wedstryd met Brussow, Steyn en Fourie in die beginspan. 53-20 enigiemand?
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...