Yolanda Barnard se Boek Bekendelling
Gisteraand het ek en Susan die bekendstelling van die
veelbesproke boek van Yolanda Barnard “Die ponies galop” bygewoon. Dit is een van daardie kompleksiteite in die lewe. Ek het verskeie vriende in die industrie wat graag die verrigtinge wou bywoon - met ‘n haelgeweer. Nadat ek op ‘n stadium ook… sal ons maar sê… ondeurdagte uitlatings oor Yolanda in publieke forums gemaak het, was die aanvanklike ontmoeting tussen my en Yolanda ietwat stram. Ondertussen he tons oor ons verskille gekom en beskou ek en Susan Yolanda as ‘n regte vriendin. Nou dit kan ‘n problem wees. Veral as van jou vriende die persoon nie net as ‘n vyand beskou nie, maar as iemand wat (as ons ‘n ‘n derdewêreld land in Afrika gebly het) ‘n kontrak op haar sou wou uitneem. Die vraag duik toe wel in my kop op - moet ek gaan uit my vriendskap vir Yolanda of moet ek wegbly uit my vriendskap met die ander partye? Eintlik moes ek nie die vraag vra nie, maar ek moet bely dat ek dit wel gedoen het. Die besluit was ooglopend. Ons het gegaan.
Dit was ‘n lekker geselligheid met baie bekendes en vriende wat dit bygewoon het.
Dit was ‘n bietjie soos ‘n wie’s wie van die vermaklikheidsindustrie (met natuurlik sekere opmerklike afwesighede). Ons hetvroeg daar aangekom en kort na ons het Piet Paraat/Plagiaat opgedaag met sy kitaar en ‘n mikrofoonstand. Ek het geheolp om die klank te probeer redelik okei kry, maar die stelsel wat hy moes gebruik het was ‘n bietjie van ‘n “mismatch” van versterker en luidprekers. Ons het darem die klank redelik gekry, maar ver van perfek af. Ons het onsself redelik onskuldig by ‘n tafel teen ‘n muur gemaklik gemaak en koffie bestel. Van daar kon ons veilig die mense bespreek wat verbygekuier het. Loui Fish, Simon Rademan, Eagan Williams, Jakkie Louw, Sean Else, Wimpie van der Sandt, sy jong protogé Raymond Ray, Matt Stern, Zak van Niekerk, Jenine van der Vyver, Wynand Strydom, Cheree Large, Wynand (voorheen Windpomp), die girls van Marnet – sommer ‘n hele klomp celebs en ander interesante mense. Dan was daar ook die res van ons gewone mense soos Yolanda se ouers, ons vriend Da Mario Marais, hordes nuuskieriges en natuurlik ek en Susan. Ek het sommer vroeg in die aand ‘n boek gekoop en later Yolanda gekry om vir ons die eksemplaar te teken. Lees sal ek hom lees, en hopelik sal ek meer vertel van die boek wanneer ek eers kans gekry he tom hom te lees. Ons het deur die aand gekuier met al ons vriende, kennisse beleefd gegroet, baie koffie gedrink (hulle bedien nie kômmin drankies soos wat ek van hou daar nie) en darem ‘n paar foto’s ook geneem. Nie so baie dat ek ‘n oorlas gemaak het nie, maar darem.
So tienuur se kant was ons uitgekuier en het huis toe gegaan. Dit was ‘n lekker en interessante aand en ek wil net dankie sê vir Yolanda vir die uitnodiging en vir al ons vriende wat dit ‘n lekker en gesellige aand gemaak het.
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...