Thursday, February 09, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Bokke wen weer. Roosters. Battle of the Bands. Vryheid van Spraak. Susan se kuns

D Die groot nuus en storie in my lewe was alweer rugby. En wat ‘n wedstryd!!! Morné Steyn se vertoning was merkwaardig nadat Ruan Pienaar redelik gemiddeld was met die skopvoet. Verder was die naweek redelik roetine. Vrydagaand was ons weer by Roosters en Saterdagoggend het ons gewerk aan die drie liedjies vir die Battle of the bands waaraan ons weer gaan deelneem op Dinsdagaand die 7e Julie. Meer daaroor later.

 

Vrydagaand by Roosters

Wat ‘n jol!! Dit was nie baie besig gewees Vrydagaand nie, maar ons het weereens gerock. Jannie was op sy stukke en ons het ‘n hele paar liedjies improviseer wat mense versoek het maar ons nie geken het nie.

 

Jacques kon jammer genoeg nie die gig bywoon nie omdat hy ander verpligtinge moes nakom. Ons moes Donderdagaand Jacques se toerusting gaan haal (luidsprekers en amp) om die klank te kry wat ons nodig gehad het, en ek het helaas nie ‘n sleepwa om al my en sy toerusting te kan vervoer nie. Dus moes ons ‘n plan maak om van die goed saam met Andrew te laat gaan. Logistiek ka nook maar uitdagend word vir ons as musikante. Veral as ons dinge goed wil laat werk soos ons klante verwag.  Op die inkopielys vir die volgende paar maande is definitief ‘n sleepwa. Ek wil nie weer deur sulke ongemaklikheid gaan nie.

 

Klipdrift Battle of the Bands – volgende rondte

Ons is baie opgewonde oor ons volgende optrede by die Klipdrift battle of the Bands. Ons het Saterdagoggend die verwerkings klaargemaak en ek dink dat daar ‘n paar mense gaan wee swat regtig verras sal wees oor wat hulle gaan hoor. Ons het twee van my liedjies van die album “Murg” af ‘n nuwe baadjie aangesit, en dan ‘n ou treffer van Joni Mitchell ook ‘n nuwe baadjie gegee. Julle moet gewis die 7e Julie by Carnical City wees om te kom ondersteun en te luister. Ons het jul ondersteuning nodig, maar wil ook ons vriende daar he om te deel in die pret. As ons in die top 12 kom, kan dit ons dalk deurdring na die finale. Sonder jul ondersteuning is dit egter onmoontlik om deur te dring na die finale 12. In ons vorige deelname he tons goeie tellings van die beoordelaars gehad, maar nie so goed gedoen met die gehoor tellings nie. Dus was ons wel deur na die top 12, maar is later deur ander bands uitgeskakel. My pleidooi – asseblief, kom ondersteun ons.

Daar gaan nie net ‘n paar goeie bands daar wees nie – omdat Klipdrift die hoofborge is, gaan daar ook spesiale aanbiedings wees op… julle het dit geraai – Klipdrift brandewyn.

 

Springbokke 28- Engelse en Ierse Leeus 25

Wat ‘n wedstryd! Nadat ek gister by Jacques se huis weg is het ons na die eerste halfuur Jaque Fourievan die wedstryd geluister op RSG. By die huis aangekom, was ons vasgenael voor die tv vir die hele wedstryd. Daar is baie idees wat by gebly het na die rugby, die een wat die swaarste geweeg het wasd at ek vir die helfte van die wedstryd gedink het dat ons nie kan wen nie. Waar ons die wedstryd in Durban in 60 minute gewen het ten spyte van die Lions se uitstekende spel in die laaste 20, het die Leeus hierdie ene in die laaste 20 minute verloor ten spyte van hul uitstekende spel in 60.

Eerstens – Morné Steyn het nie net gewys dat hy grootwedstryde kan speel vir die Bulls nie. Hy is die beste ding wat op losskakel met Suid-Afrikaanse rugby gebeur het sedert Naas Botha. So eenvoudig soos dit. Ruan Pienaar het goed gespeel, maar nada thy in die eerste toets nie kom mis nie, het dit in hierdie toets net nie vir hom bymekaar gekom in die game nie. Sy algemene spelpeil was goed, maar hy het 15 punte gemis. As hy akkuraat was van die begin af was die Bokke nooit onder druk nie.

Daar is drie spellers wat volgens my in die volgende toets moet begin. Brussow, jaque Fourie en Morné Steyn. Enigiets anders sal ‘n klap in die gesig wees van drie van die mees in vorm en effektiewe spelers in Suid-Afrikaanse rugby. Brussow bewys dat ‘n fetcher in die nuwe spel noodsaaklik is. Waar ons die vorige wedstryd by die afbreekpunt gedomineer het, he tons keer o pkeer besit weggegee op die grond. Toe Brussow op die veld draf het alles verander en ons he tons al die besit gehad wat ons nodig gehad het. Jaque Fourie het keer op keer die lyne gebreek, en natuurlik was Morné die puntemaker wat die spel kon dikteer.

Die afstuur van Burger het my gepla, want hoewel Burger robust speel, maak dit nie sing dat hy vir iemand se oë sou gaan nie. Die Engelse pers skreeu natuurlik nou vir sy bloed en ek sien dat Bakkies ook sommer nou gesiteer is vir ‘n insident. Nou wonder ek waar die Suid-Afrikaanse rugby se ouens is en waarom hulle nie O’Driscoll gevinger het vir daardie dodelike klerehanger hoogvat op Habana nie. Daar was verskeie gevaarlike hoogvatte op SA spellers waarvoor daar nie eens strafskoppe gegee is deur die Fransman met die fluitjie nie. Ek dink nie dat on shom ‘n skeidsregter kon noem nie. ‘n Skeidsregter pas die reëls gelykmatig toe en ken ook die reels. Die ou se vertoning was skandalig en hy moet nie weer toegelaat word om in ‘n internasionale wedstryd te blaas nie.

 

Susan se PotteVryheid van Spraak

Ek is al sort van uitgepraat oor die vryheid van spraak waarop mense hulself kan beroep in die land, so ek wil nie veel kwytraak oor die fokus wat nou weer daarop geplaas word na die poging van ‘n aantal bekendes om Yolanda Barnard te keer om haar nuwe boek te publiseer nie. My persoonlike gevoel hieroor is dat ons net moet konsekwent wees. As ek vandag my opinie wil uitdruk oor iemand anders en myself op daardie vryheid wil beroep, moet ek volgende week iemand anders se keuse om daardie vryheid gebruik te maak respekteer. Al is dit ten koste van my.

 

Susan se kuns

Hier is die nuutste voorbeeld van Susan se kuns. Die spesifieke skildery is inspirer deur ‘n werk van Joadoor genaamd “In the Maroccan Theme”.  Die skildery is 80 X 80 cm. Hy is ook te koop – as julle meer wil weet oor die ene of enige ander skildery wat ek die volgende paar weke sal plaas, laat my weet.

 

Dankie almal vir die terugvoer oor die nuwe webblad. Ek waardeer dit.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

 


Gideon van Zyl Written on Sunday, 28 June 2009 13:25 by Gideon van Zyl

Viewed 1340 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 32 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za