Thursday, February 09, 2012
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Nuwe Webblad nou hier! RIP Michael en Farah. Winpomp se lansering. Die Borsvoeding debat

O ns het al weer Vrydag bereik. Die week was besonders besig, met allerhande interessante debate en gesprekke wat gevoer was in die media maar ook in mense se huise, in kroeë, in kerke in restourante en allerhande interessante plekke.   Ek kon die week nie blog nie as gevolg van die opgradering en herontwerp van my webblad en dit het gevoel asof daar iets ernstigs fout is in my lewe. Blog is verslawend, maar dit is ook bevrydend wanneer jy dinge wat in jou kop rondhardloop kan deel met ander mense. Woensdagaand se gig by die Liedjieboer was weer soos altyd soos om in jou voorkamer te sing, gisteraand se bekendstelling van Wynand Windpomp se nuwe cd was ‘n paartie en twee bekendes sterf. Dan net vir die prêt daarvan, wil ek ook graag my mening lug oor die borsvoeding-in-openbare-plekke debat. Hierdie is ‘n lang blog plasing, want ek het baie om mee op te vang.  

 

Die nuwe, seksie www.gideonvanzyl.co.za

Die webblad se opdatering is nou vir eers verby. David van Zyl, my seun, kollega, drommer, percussionist en mede-sanger is ook toevallig besonder begaafd in ander areas. Hy is ook ‘n web ontwerper, animeerder en video-editor. Die laaste drie vaardighede is vaardighede wat ons in ons besigheid gebruik. David het nie net my hele webblad se uitleg, programmering en ontwerp gedoen nie, hy het ook ‘n bydrae gelewer tot die ontwerp en implimentering van verskeie ander webblaaie soos onder andere www.stevehofmeyr.co.za (as die mees bekende webblad waarmee hy gewerk het). Dus as jy net so ‘n seksie webblad soos myne wil he, kontak hom gerus by 0761869383. David kan met alle aspekte van jou web help ingesluit die hosting, ontwerp, programmering, flash en animasie – alles, teen baie billike kostes en ook baie vinnig. As jy jou nuwe webblad in die lug wil kry, sal jy in so min as ‘n week aanlyn kan wees vir iets met die kompleksiteit van my webblad.

 

Wat het verander ?

  • Die uitleg het verander en is nou makliker om uit te lees en te navigeer
  • Die voorblad het ‘n oorsig van elke artikel, eerder as die drie artikels soos vantevore. Dan kan jy kliek op “lees meer” om die vol artikel te lees.
  • Kommentaar kan nou gelewer word sonder dat jy hoef te registreer, en gaan dan deur ‘n proses waar ek eers die kommentaar deurlees voor dit finaal geplaas word. Dit is net om Spam te voorkom
  • Elke artikel het op die voorblad ‘n foto waarop jy kan kliek en dan die vol foto sien.
  • Jy kan nou stem vir ‘n artikel of jy van hou of nie
  • Daar is skakels langs die artikel se opskrif waarmee jy die artikel kan uitdruk of aan iemand stuur per e-pos.
  • Die MP3 speler is nie meer net vir geregistreerde lede van die webblad nie (kyk regs van die beginblad vir die MP3 speler)
  • Daar is nou ‘n Twitter feed aan die regtergant van die webblad.
  • Daar is ‘n opsomming van die nuutste terugvoer op artikels in die regterkolom
  • Daar is ‘n nuwe fotografie seksie vir foto’s wat ek neem van optredes van musikante, landskappe – wat ek ookal as interessante onderwerpe vind. Indien julle nie geweet het nie, ek is ‘n passievolle fotograaf en doen ook professionele werk vir die vermaaklikheidsindustrie. Die fotografieafdeling is op die oomblik nog leeg, maar ek sal begin om voorbeeld evan my foto’s op te laai van kunstenaars, kommediante, akteurs, landskappe, ensovoorts.
  • Daar is ‘n nuwe soek funksie waar jy kan soek na artikels of nuusberigte.
  • Daar is 'n spesiale Mobiele modus om die webblad van 'n selfoon af te kan lees
  • Jy kan direk artikels op jou eie Facebook comments plaas. Ook na Myspace, Delicious, Reddit, Digg This, StumbleUpon en Technorati 

 

Laat asseblief wee twat julle dink van die nuwe webblad. As julle enige voorstelle wil maak oor hoe ons jou ervaring kan verbeter, bugs wil rapporteer of sommer net saamgesels oor wat ons gedoen het, sal dit werklik op prys gestel word.


Michael Jackson en Farah Fawcett oorlede

Gister is ‘n dag wat in die geskiedenis sal staan as die dag wat Michael Jackson oorlede is. Farah FawcettJackson was nie net die mees suksesvolle musikant van my generasie nie, maar ook een van die mees kontroversiële. In my jeugjare (ja, ek was ook op ‘n stadium jonk, hoewel my kinders nie so dink nie), het Jackson die trefferslyste total gedomineer met meerdere liedjies wat tegelykerstyd in die top tien was op al die plaaslike radiostasies. Hy was nie net innoverend met sy musiek en sy unieke styl nie, maar het ook baanbrekerswerk verrig en grense verlê met die musiekvideo’s van sy liedjies. Later he thy amper meer in die nuus verskyn as gevolg van sy plastiese chirurgie, hofsake teen hom, en sy vermoë om in skinderblaaie te verskyn.

 

Ek is hartseer dat hy nie kans gehad het om sy comeback te maak nie, want die talent het nog steeds diep geloop. As tiener het ek op sy musiek gedans, gevry en gesing, en hy sal gemis word. Met meer as 750 miljoen plateverkope is hy naas Elvis die mees suksesvolle sanger van alle tye. Miskien het hy nou wat hy altyd wou gehad het – hy is ook nou ‘n legende soos Elvis.

 

Die eerste wat ek onthou van Farah Fawcett was toe sy gereeld ons televisie versier het as een van Charlie’s Angels. Saam met Jacklyn Smith (‘n ander Angel)is sy nog steeds een van die beelde van my jeug wat my sal bybly as meisies waaroor ek gedroom het. Ek was tot oor my ore verlief. Ek was ook bitter jaloers op “die Man van Staal” wat met haar getroud was. Toe ek uiteindelik besef het hoe veel ouer sy as ek was, het ek vrede daarmee gemaak dat sy nie vir my bestem is nie. Ek het uiteindelik gegaan vir ‘n oulike girl van Middelburg wat net drie jaar ouer as ek was. Baie beter keuse J.

 

Daar word swaar gekap in ons woud, maar die lewe gaan aan.

Wynand Windpomp se Lansering

Wynand WindpompOukei, ‘n launch is seker nie ‘n lansering nie, maar seker ‘n bekendstelling. Ek hoop egter dat Wynand se bekendstelling van sy nuwe cd gisteraand sy loopbaan in ‘n nuwe wentelbaan sal plaas. Hy werk al lank en hard in die industrie, en wat hy doen werk vir my. Ek sal op ‘n stadium ‘n review van sy nuwe cd wil plaas, maar wil regtig eers graag goed na luister. Mandie Wagner het die hele ding gereël en laat ek julle maar mooi vertel – moenie dat haar jeug julle mislei nie – sy weet hoe hom dinge te reel. Selfs sekuriteitsmense was op hande indien dinge sou handuit ruk. Dus was daar geen dametjies wat hul klere van hul lywe afgeruk het en hulle by Wynand se voete gegooi het nie. Sy beskerm seker maar net haar belange ;).

 

Ek he took gisteraand die voorreg gehad om een van SA musiek se oulikste paartjies ontmoet. Die vrolike Cheree Large en die diep Wynand Strydom. Hulle se mos dat teenoorgesteldes aantrek, en hier het ek dit weer gesien. Dit was ‘n voorreg. Daar was ‘n paar ander van ons almal se celebs ook daar, en ook ‘n paar van ons gunsteling mense wat oor celebs skryf. Dit was lekker om weer vir Jakkie Louw te ontmoet (dit gebeur kort-kort, maar gisteraand het jollie Yolanda my formeel aan hom voorgestel). Gepraat van Yollie – Maandagaand stel sy haar boek glo formeel bekend. Dit klink na ‘n riller, en ek gaan hom koop. Ek hou mos van rillers ;).

 

Wynand – goeie paartie, cool musiek – ek sien jou erens op ‘n verhoog. Jy en Mandie is nou nie vrygestel daarvan om darem weer saam te kom kuier op ‘n Woensdagaand by Liedjieboer nie, hoor.


Die Borsvoeding-debat.

Okei, die debat gaan nou nie eintlik oor die voordele of nadele van borsvoeding nie, Borsvoeding is die bestemaar meer oor die kwessie van borsvoeding in die openbaar.

Die ding kom al ‘n lang pad, en helaas dink ek dat die morele verkramptes nou eenmaal besig is om te ver te gaan. Die debat gaan baie dieper as net die borsvoeding vraagstuk, en gaan na presies hie verwronge ons samelewing se persepsies en perspektiewe geword het oor wat natuurlik is en wat perwers of afwykend is.

 

Nou laat ek myself baie sterk uitdruk – ek is ‘n Christen en glo daaraan dat mense die Bybel se beginsels moet uitleef. As Christen is ek ‘n aanhanger van die leer en lewe van Jesus. Ek is in die JC fanclub – deur en deur. Ek is egter nie ‘n aanhanger van die kerklike leer wat se dat alles wat nie is soos wat ons groepie dit wil he nie, van die boosse is nie. Dus is ek nie ‘n fan van meeste kerke nie. Eenvoudig. Noudat daardie ene uit die pad uit is, kan ek die aspekte wat ter sprake is in die hele borsvoed-debat makliker aanspreek.

 

Eerstens – naaktheid is nie ‘n sonde nie, en is nie teen die leer van die Nuwe of Ou testamente nie. Openbare naaktheid is net ‘n taboe in sekere samelewings. Soos ons s’n. As jy blank is. Kom ons begin nou onderskeid tref. Naaktheid van die onderlyf in die openbaar is ‘n taboe in meer samelewings as naaktheid van die bolyf. In ons samelewing is naaktheid van die onderlyf in die openbaar taboe in seker omstandighede. As dit kuns is, is dit nie taboe nie. Skilderye, standbeelde en so aan is vrygestel van die taboe. Foto’s is aan die ander hand nie vrygestel nie. Die verskyning van ‘n persoon in die openbaar sonder ‘n broek aan is of openbare onsedelikheid, of openbare bespotlikheid as die persoon dronk is. Aan die ander kant is die verskyning in die openbaar van mans sonder hemde heeltemal aanvaarbaar. Die verskyning van vrouens sonder hemde is nie openbare onsedelikheid nie, maar slegs aanvaarbaar onder sekere omstandighede. Meeste strande het deesdae hul aandeel van dames sonder hemde wat die son geniet, onder meeste omstandighede vind ons dit aanvaarbaar as ‘n swart dame se borste ontbloot word (die redenasie – dit is “hul” kultuur), en dan natuurlik is/was die blootstelling van ‘n voedende moeder in alle rasse aanvaarbaar. Tot nou toe. Die redenasie – daar is mans wat dit prikkellend vind, en vrouens wat dit disturbing vind. Of miskien is daar vrouens wat dit disturbin vind dat hul mans dit dalk prikkellend vind.

 

Die problem lê vir my veel dieper. Meeste (blanke) Suis-Afrikaners, en ek wil myself amper verstout om te sê meeste Blanke Afrikaners, het nog steeds nie vrede gemaak met hul eie seksualiteit nie, en die taboe’s van die verlede het gemaak dat ons self ‘n afkeer het aan ons eie liggame. Miskien het dit ietse te make met ons Calvinistiese opvoeding. Miskien het dit iets te make met die Victoriaanse preutsheid wat nog steeds erens in ons gene rondhang. Miskien het dit te make met die Amerikaanse Christelike fundamentalisme wat ons daai groot triomf van verkramptheid – die Prohibisie – gegee he twat dit veroorsaak, maar moderne Suid-Afrika kan nog steeds nie daarmee saamlewe dat ons (1) seksuele wesens is nie en (2) almal onder die opdress kaal is nie.

 

SensuurKom ons gaan dink na oor die vreemde gevolge wat die tipe van sensorskap al in die verlede veroorsaak het.

  1. Die Vatikaan het standbeelde wat onder andere deur Michelangelo gemaak is ontman  
  2. Die sensuurraad het films verban wat naaktheid in gehad het
  3. Die sensuurraad boeke verban en gesensureer sodat geen naaktheid van enige aard in boeke mag verskyn nie

 

Wat kom volgende as borsvoeding verban word in die openbaar?

  1. “Topless” op strande weer verban
  2. Boeke weer gesensureer
  3. Films weer gesensureer
  4. Kuns gesensureer
  5. Om seker te maak dat almal gelyke behandeling kry, word verskeie tradisionele danse en gebruike verban.
  6. Poskaarte word verban (ook om gelykheid te verseker)
  7. Vrouens moet begin om soos in die Midde-Ooste swart klede te dra wat alles toemaak omdat vrouens se hare, enkels, cleavage gewrigte en selfs oë een of ander pervert met een of ander fetish ‘n ereksie sal gee, en omdat een of ander vrou met mag of toegang tot mag jaloers sal wees op iets in die konfigurasie van ‘n ander vrou.

 

Alles belaglik sou julle sê, maar wanneer mens probeer om moraliteit te koppel aan iemand se kleredrag of gebrek daaraan, of probeer om moraliteit te reguleer, val die een bastion van vryheid na die ander. Die grootste probleem met dit alles lê in die moraliteit van die indiwidu wat daardeur offend word. Sensuur van watter aard ookal, sê niks oor die moraliteit van die men swat gesensureer word nie, maar iets oor die begeertes, jaloesie en perwersiteit van die persoon wat die ander persoon wil sensureer.

 

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

 


Gideon van Zyl Written on Friday, 26 June 2009 10:32 by Gideon van Zyl

Viewed 1992 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Add New Search RSS
Da Mario   |Y-m-d H:i:s
Lol, wat 'n heerlike bynes het jy oopgemaak met die laaste onderwerp. My eie gedagtes reflekteer in baie opsigte joune, alhoewel ek dalk selfs meer radikaal is.... hehehe... hierdie kan 'n lekker gesprek raak!! Ons sal hom nog aandurf rondom 'n vuurt...
Gideon  - Dankie!   |Y-m-d H:i:s
Thanx da Mario! Dit was lekker om jou gisteraand te sien by Roosters ook. Dit was 'n gawe paartie al het die koue klaarblyklik meeste mense weggehou.

Ek dink dit is definitief iets waaroor meer gepraat moet word. Die aspekte rondom sensuur, wanneer (o...
Write comment
Name:
Email:
 
Website:
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 32 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za