My man van die wedstryd was Beast. Ek het gegiggel – die tegniek wat die Leeus gebruik het om in vorige wedstryde te keer dat die oposisie kon bind, het nie op beast gewerk nie. Wanneer Vickery die arm afheskud het, het Beast maar te geskrum asof hy 100% goed kon bind. Reguit en dan onder Vickery ingeskrum dat die hele ding gebackfire het. Heerlik. BEAST!!! Daar was baie ander spellers wat my beïindruk het. Victor Matfield het weer die lynstane bedonner vir die Leeus, Jean het weereens op skrikwekkende plekke opgeduik, Habana het getackle soos ‘n reus (en was nogal cocky met baie groter spellers as hy), Smit het uitstekend gedoen op die vasskop (sorry dat ek in jou kapasiteit getwyfel het, Smitty), Brussow het bewys dat hy in die span hoort met ‘n reuse-wedstryd, Pienaar het gelyk of hy nog nie ‘n dag se rugby verloor het die seisoen nie en Steyn het geskitter onder die hoë bal. Ek kan nog verder gaan, maar dit was ‘n fantastiese spanpoging… tot die laaste 16 minute… behalwe vir daardie ongelooflike tackle op die doellyn wat Steyn as plaasvervanger ingesit het en ‘n drie (en moontlik die wedstryd) gered het.
Dit gaan van hier af interessant word, want ek dink dat die Leeus agtergekom het dat hul plan om die grootste moontlike voorry in te sit nie lekker werk nie. Dit is nodig om ‘n balans te kry tussen mobiliteit en krag, en ek dink die Bokke het die pad gewys. Div is voor ‘n paar belangrike vraagstukke voor die volgende wedstryd. Die eerste is hoe jy ‘n fikse Burger uit die span kan laat, en wie laat jy weg? ‘n tweede is of jy met Steyn op Losskakel moet begin of Pienaar hou. Is Pienaar nie miskien interessanter op die bank nie? Lost dan liewers die cluelose Ricky January weg as plaasvervanger en gebruik Pienaar as plaasvervanger vir skrummie en agterlynposies, en bring dan Fourie net af as hy beseer word. Ek dink daar is te veel moonlikhede wat nie ignorer kan word nie. Die vraag is eintlik nie soseer oor die spelplan nie – die voorsprong met net 16 minute oor antwoord daardie vraag voldoende, maar net waar gaan mens van daar met all die swaar geskut wat wel op die bank is? Miskien net die ouens op die bank beter integreer met dei spelpatroon gedurende oefeninge en hulle dan mer kieskeurig inbring?
More-aand is dit die opkomende Bokkies, en jammer genoeg sit ek op ‘n vliegtuig van Kaapstad af gedurende die wedstryd, so ek sal nie kan kyk nie, maar ek gaan hom opneem om te kyk sodra ek by die huis is.
Saterdag na die wedstryd het ek en David gebly by
die Liedjieboer en ‘n paar bands gekyk wat gespeel het. Wie my ontsettend beïndruk het was Liesl Graham met haar band. Miskien omdat een van my twee gunsteling basitaarspelers – Rixie Roman saam met haar gespeel het. Goeie, soliede rock met ‘n groot verhoogpersoonlikheid. Nie dat die ander bands nie goed was nie. Walt was weer op sy stukke, en die Infamous - wat die BOTB aand gewen het die aand toe ons deelgeneem het - was ook daar. Ek het ongelukkig nie vir Hansie Slim gesien nie omdat ek teen daai tyd erg gely het onder die griepsimptome (nie wingerdgriep nie, hoor) en liewers huistoe gegaan het om te gaan uitrus.
Saterdag, Vadersdag en hoe lekker. Behalwe dat die griepsimptome maar net nie wou gaan lê nie, was dit heerlik. Die seuns het my verras met ‘n geskenkie (‘n pot vol vetplante – ek weet nie wat hulle eintlik wil sê nie), en daarna het ek die gebruiklike naweek-ontbyt gemaak. Die middag he tons WImpie toe gegaan vir wat ‘n dubbeldik melkskommel moes wees, maar het ontaard in ‘n burger etery. Ek hoop al die ander Vaders daar buite het ons spesiale dag so baie geniet soos ek J.
Vanaand he tons bandoefening – ons berei voor vir die volgende rondte van die Klipdrift Battle of the Bands, more gaan ek Kaapstad toe vir die dag, en Woensdagaand is dit ons swart boek gig by Liedjieboer. Donderdagaand gaan ons na die bekendstelling van Meneer Windpomp se nuwe cd, en Vrydagaand is dit Murg by Roosters. Ek is sommer uitasem as ek daaraan dink.
Tot Kyk
-Gideon-





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...